Reis

Jan Tuisbly: Pretoria

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images/ Gallo Images
FOTO Getty Images/ Gallo Images

Party gesinne het besluit om die langpad aan te durf en elders vakansie te hou. Maar sommige gesinne gaan vanjaar met Jan Tuisbly se karretjie ry. Maar dit beteken nie jou vakansie gaan minder avonture inhou nie. Aikôna! Hier's vyf idees wat jy kan doen as jy 'n inwoner van Bloemfontein, Durban, Johannesburg, Pretoria en Kaapstad is.

Pretoria

1. Beter, beste, Big Red Barn

'n Uitstappie vir die hele familie! By The Big Red Barn kan 'n mens die Irene Mark besoek, berfietsroetes aanpak en ander aktiwiteite geniet. Daar is ook 'n pottebakkery waar jy self 'n kleipot kan maak en versier.

2. Mmmmm melkskommels!

Drink 'n uitspattige melkskommel en neem 'n paar kiekies by Mustang Sally's, 'n prettige restaurant met 'n 1950's-gevoel.

3. Skemerkelkies en 'n sonsondergang

Geniet 'n skemerkelkie by The Blue Crane Restaurant & Bar.

4. Trek jou stapskoene aan

Soek jy 'n dag van avontuur? Gaan stap die Hennops-staproete, 40 km buite Pretoria. Selfs beginners kan die roete aanpak. Daar is 5km- en 10km-roete om van te kies.

5. Strand in die Jakarandastad

Kry daai strandgevoel by die gewilde @The Beach restaurant en kroeg. Die vloer is bedek met egte seesand en jy sit selfs onder groot palmbome.

Wianda Gilliland

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM