Ná 'n lang jaar kan onsuiteindelik op vakansie gaan, en of jy nou oppad is kus toe of na die binneland,somer beteken lekker lang, warm dae. Maar dis ook die tyd van die jaar wat ditvuurwarm word - en ernstige sonbrand kan sommer vinnig 'n demper op jouvakansie plaas.
Maak dus seker jy beskermjou en jou gesin se vel met die nuwe CampMaster opslaan-sonskerms wanneerjy die buitelug geniet. Om lekker koeltete hê beteken ook jy kan selfs langer buite bly - 'n bonus!

Elke sonskerm kom met tweealuminiumpale, penne en hegstukke, sowel as 'n sandgraaf. Dis maklik om op teslaan en sal verseker jy het sommer in 'n japtrap 'n lekker koeltehawe.
Camp Master sonskerms isin twee kleure beskikbaar - lig- en en donkerblou - en twee groottes:
- Klein - 225 (L) x210 (W) x 175 (H) cm
- Groot - 300 (L) x300 (W) x 225(H) cm
Die kleintjie verkoop teenR899 en die grote vir R1 299.
Camp Master sonskerms isnou beskikbaar by Builders, Game en Makro, in diewinkels sowel as aanlyn. Kry joune vandag nog!













