Dit is pret vir die hele gesin. Daar is ook dubbellynebeskikbaar sodat twee mense saam kan gly. Die toerusting sluit 'n harnas en helmin, en jy sal oor alle veiligheidsaspekte ingelig word.
Die eerste lyn is sowat180 meter vanaf die ingang van die Kango-grotte, en die laaste een - 'nopwindende rit oor 500 meter - eindig by die deli en koffiewinkel.
Kontak: 079 891 8248;
cangocavesestate@mdwireless.co.za; www.cangocavesestate.co.za














