Reis

Koue en toue die moeite werd

Mense het Dinsdagoggend van vroeg af tougestaan by Sanparke se kantore om hulle besprekings vir die 2018-wintervakansie in Junie en Julie te maak.

Daar was selfs mense, soos Magda en Harm Timmerman van Waverley in Pretoria, wat Maandag heelnag die koue en donkerte trotseer het sodat hulle dáár kon wees toe die kantoor om 7.30 vm. oopmaak… als vir 'n staanplek in die Krugerwildtuin. (Lees hier meer oor die Timmerman-egpaar se ervaring.)

Die datum waarop mense jaarliks van vroeg af regstaan om die volgende jaar se vakansie te bespreek, is gewoonlik 25 Julie. Maar dit moes dié jaar aangeskuif word, weens die moontlikheid van 'n beskermde staking deur sommige personeellede van Sanparke. (Lees die berig hier.)

Besprekings kon daarom eers op 1 Augustus vanaf 7.30 vm. telefonies en per e-pos gemaak word. Aanlynbesprekings het op 2 Augustus oopgemaak.

Het jy in die tou gestaan, die wekker vroeg gestel om te kon skakel of wakker gebly om aanlyn te bespreek? Deel jou ervaringe, raad, staaltjies en stories oor wintervakansie-besprekings by Sanparke met ons en jou medelesers op ons Facebook-blad of 'n e-pos te stuur na digitaal@weg.co.za. Vertel ons ook of jy suksesvol was om 'n plek te bespreek vir volgende jaar en by watter park en kamp jy gaan kuier.

Sanparke se kontakbesonderhede:

Kontak:www.sanparks.org

Telefoon: 012 428 9111

E-pos: reservations@sanparks.org

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM