Dié besonderse wa is'n Turner Wren Mk. II wat in die destydse Rhodesië, nou Zimbabwe, vervaardig is- en hierdie een is die 1977-model, vertel Johan.
"Die vorige eienaar, Nick Joubert van Ceres, hetdie wa in Velddrif so te sê gekoop sonder dat hy hom gesien het - nadat sydominee hom daarvan vertel het. Toe hulle die wa aflewer, was die sleutels eerssoek, en toe hulle uiteindelik kon inkom, het hy eers gesien hoe gehawend diewa binne is. Die Velddrif-manne het dit gebruik om vis te smous,"skryf Johan.
In 2003 het Nick besluit om die wa te herbou - hyhet dit behoorlik van kant tot kant opgemeet en van die skroot ontslae geraak.Net die koppelstuk, hoekstutte en die kashandvatsels binne-in het oorgebly.Nick het 'n presiese replika gebou en dit só goed gedoen dit lyk deesdaeof die wa uit 'n fabriek kom.
"Ek was op soek na 'n ligte woonwa wat ek met myToyota RunX kon sleep, en het die Wren op die internet te koop gesien," vertelJohan. "Hy weeg 480kg en is nie toegerus met remme nie. Ekhet R23000 daarvoor betaal, en die eerstekampplek wat ons besoek het, was by Leentjiesklip in die Weskus. Daarna het onsDie Punt by Mosselbaai ontdek, en sedertdien kamp ons gereeld daar.
"Binne is 'n enkelbed links met die hangkas regs.Heel regs is 'n dubbelbed wat kan opslaan sodat dit 'n bank en tafel vorm. Ekhet wel die gasstoof en mikrogolfoond uitgehaal, maar die groot yskas gelos."
Hierdie artikel het oorspronklik in Mei2017 op Weg se webblad verskyn.












