Reis

Laat virtuele spore in museums wêreldwyd

Die bekende Louvre
Die bekende Louvre

Museums in onder meer Frankryk, Londen en Amsterdam het besluit om mense tydens die wêreldwye inperking as gevolg van die Koronavirus-pandemie die geleentheid te gee om dele van hulle museums aanlyn te besoek met die hulp van virtuele toere. Besoek een museum op 'n dag en siedaar, jy is oor 'n bietjie meer as twee weke deur van die beroemdste museums in die wêreld sonder dat dit jou 'n vliegtuigkaartjie soontoe gekos het.

Van die 360°-toere het ook interaktiewe kaarte en kan besoekers self besluit na watter dele van 'n spesifieke uitstalling of afdeling hulle wil gaan.

Daar is byvoorbeeld vyf museums in Parys, waaronder die Louvre, waar besoekers toere op webtuistes kan volg. So kan jy byvoorbeeld in die Louvre ‘ronddwaal' tussen antiekware van die Egiptenare en ook 'n ogie gooi in die Apollo-galery.

Franse rewolusie: Hubert Robert (1733-1808)
Franse rewolusie: Hubert Robert (1733-1808)

Die Britse museum huisves meer as 7 miljoen artefakte afkomstig van al die kontinente en op dié museum se virtuele toer, leer jy meer oor die geskiedenis van hierdie artefakte en watter rol hulle in die mens se geskiedenis gespeel het.

In Nederland kan jy sekere dele van die Rijksmuseum op die internet besoek en skilderye van meesters soos Vermeer en Rembrandt besigtig.

Van die museums het ook interessante video's en ander interaktiewe media op hulle webtuiste oor verskeie onderwerpe en kuns. Die Louvre bied byvoorbeeld 'n virtuele ervaring oor die Mona Lisa: Laai die app af op jou selfoon om daarna te kyk (beskikbaar op Apple en Android).

Watter ander museums bied ook virtuele toere? Kyk na die volgende:

Liana Mocke

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM