Reis

Luiperd sit ystervark ore aan

(Meryl Jarvis)

Meryl Jarvis van Durban skryf: "'n Paar jaar gelede het ons gesien hoe 'n ystervark 'n jong luiperd naby Onder-Sabie in die Krugerwildtuin 'n loesing gee - die kat het penne in sy pote en gesig gehad.

"Onlangs het ons, ook naby Onder-Sabie, gesien hoe 'n luiperd (die keer suksesvol) 'n ystervark vastrek en in 'n boom vreet."

Die natuurkenner L.D. van Essen antwoord: Die twee voorvalle is 'n goeie voorbeeld van jeugdige entoesiasme teenoor die wysheid, en sukses, van ervaring!

In die algemeen is roofdiere opportunisties as dit by prooi kom. Die vermoë om "netelige" kos te hanteer word deur ervaring aangeleer. Die beskikbaarheid van prooi speel ook 'n rol.In die Krugerwildtuin is oorgenoeg en uiteenlopende prooidiere teenoor byvoorbeeld die Kgalagadi-oorgrenspark. Daarom is luiperds en leeus in die Kgalagadi baie meer behendig met ystervarkvang as die Kruger se katte.

Individue en troppe ontwikkel ook soms 'n aanleg en tegniek om spesifieke diere te vang - soos die leeutroppe in die Savuti wat olifantkalwe aanvat of die leeus in die Kruger wat 'n klein renoster sal pak.

Dié brief het het in Februarie 2015 (#124) in Weg verskyn verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussen verander het - stuur 'n e-pos na digitaal@weg.co.za as jy so iets raaksien.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM