Reis

’n Kameelperd met ’n ander jas?

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die natuurlewekenner L.D. VAN ESSEN verduidelik:

In die verlede is kameelperde beskou as een spesie met nege subspesies. Navorsing in 2016 in kameelperdgenetika dui op vier spesies, met twee van hulle wat ook subspesies het.

Die vier spesies is die suidelike kameelperd (Giraffa giraffa), noordelike kameelperd (Giraffa camelopardalis), Masai-kameelperd (Giraffatippelskirchi) en gevlekte kameelperd (Giraffa reticulata). Lesers kan kyk op giraffeconservation.org hoe die kleurpatroon van die verskillende spesies lyk.

Dié kameelperd se patroon lyk soos die Masai-kameelperd s'n eerder as die suidelike kameelperd wat 'n mens in die Kruger verwag. Die kleurpatroon van die spesies kan so onderskeidend wees soos 'n vingerafdruk by mense, dis nie altemit nie.

Natuurlike genetiese variasie kan veranderinge voortbring, in byvoorbeeld kleurpatroon, wat een spesie baie na 'n ander laat lyk. Sonder 'n DNS-toets is dit onmoontlik om te sê presies watter soort kameelperd dié is.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM