Reis

’n Kampwa op ’n Dodge, 1940

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
SY TYD VOORUIT. Theunis Kotzé (links op die foto bo) het Die Uitspan self op ’n Dodge-lorrie gebou en met dié tuisgemaaktekampwa vakansie gehou. Die Uitspan het selfs ’n afrol-afdak aan die een kant gehad!
SY TYD VOORUIT. Theunis Kotzé (links op die foto bo) het Die Uitspan self op ’n Dodge-lorrie gebou en met dié tuisgemaaktekampwa vakansie gehou. Die Uitspan het selfs ’n afrol-afdak aan die een kant gehad!

My pa, Johannes, se broer Theunis Kotzé het al in 1940 vir hom een op 'n Dodge-lorrie gebou en dié ryding "Die Uitspan" genoem.

Op die eerste foto is hulle by Uitkyk in die Sederberg. Die hondjie op die enjinkap het blykbaar saam vakansie gehou! Op die tweede foto uit Augustus 1940 het die Dodge in die modder by Heuningvlei naby Clanwilliam vasgeval. Almal moes hand bysit om hom weer op die pad te kry!

Almal moes hand bysit om hom weer op die pad te kry...

Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Ek weet bittermin van oom Theunis - hy is al in 1971 oorlede, daarna ook my pa en hulle ander agt broers en susters. My oom was 'n motorwerktuigkundige wat waarskynlik gehelp het met die beplanning en bou van Die Uitspan! Ek onthou toe ek op skool was, het hy as werktuigkundige gewerk op ene mnr. Stuttaford (die voormalige eienaar van die Stuttaford Van Lines-maatskappy) se plaas buite Stellenbosch.

My pa en oom Theunis is op die ou familieplaas Rheboksfontein tussen Loeriesfontein en Nieuwoudtville gebore. Ek het dié plaas in 2012 besoek en was verras om te sien dat die huidige eienaar, Gys Lombard, die ou huis gerestoureer het.

Ons soek jou kiekies!

Het jy ou swart-wit foto's wat die storie van toeka se toere, gesinsvakansies of avonture vertel? Stuur dit gerus na mailto:kyra.tarr@media24.comredakteur@weg.co.za.

Johann Kotzé

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM