Sam Basch van Pretoria het op dié ruspe afgekom op 'n wildplaas naby Thabazimbi. Hy het sy foto aan Weg gestuur en gevra of ons kenners lig kan werp op die ruspe se vreemde haredos wat 'n bietjie lyk soos 'n windverwaaide Donald Trump s'n...
Die insekkenner DUNCAN MACFADYEN antwoord:Dis die larwe van die tiermot. Die larwe word liefderik "woolly bears" genoem. Die larwe lyk inderdaad soos 'n ouer Donald Trump, bedek met grys hare om hulle te teen roofdiere beskerm. Veral die parasitiese Braconidperdeby is lief vir dié larwes. Die perdeby lê hulle eiers binne die larwe, wat dan lewendig opgevreet word. Die haredos beskerm hulle van die roofinsekte. Die hare word ook deel van hulle papie om ekstra beskerming te bied.













