Dié streek sluit die volgende dorpe in: Vredendal, Klawer, Trawal, Vanrhynsdorp, Hardeveld, Lutzville, Ebenhaezer, Papendorp, Strandfontein en Doringbaai.

Besoekers is gaande oor die Namakwa-Weskus vir sy rotsagtige kuslyn, versteekte baaitjies, unieke dorre landskappe, wynroete en verskeidenheid buitelug-ervarings. Die blomtapyt wat ná die reën sy opwagting maak, is 'n besondere hoogtepunt.
Jy kan oral goeie kos en wyn kry, maar nêrens in die hele wêreld sal jy die gasvryheid, egtheid en wonderlike sin vir humor van die Namakwa-Weskus vind nie.
Kontak 082 608 7554; info@visitnwc.com; https://visitnwc.com/visitnwc.com; https://www.facebook.com/VisitNWCfacebook.com/VisitNWC; https://www.instagram.com/namaquawestcoast/instagram.com/namaquawestcoast













