Reis

Nuttige dinge om Pa te bederf!

Dis amper Vadersdag
Dis amper Vadersdag

Ons het 'n lys bakgat geskenke saamgestel wat hy weer en weer sal gebruik. Daar's iets van alles - van braaisous tot speelgoed vir sy volgende bosvakansie!

'n Tweerigtingradio vir die bos

Tweerigtingradio
Tweerigtingradio

Cobra het 'n nuwe afstandsradio! Dié nuwe nommer het 'n rubberomhulsel wat jou 'n beter greep gee, en 'n ingeboude LED-flitslig. Met VibrAlert® weet jy onmiddellik wanneer nuwe boodskappe deurkom. Jy kan ook boodskappe met jou stem aktiveer sodat jy jou hande vir ander take kan gebruik. Tot 968 kanaalkombinasies is beskikbaar wanneer die 8 kanale met 121 privaatheidskodes gekombineer is.

• Herlaaibare AA-batterye ingesluit

• Verskaf ekstra seinwydte oor 12 km met 968 kanaalkombinasies

• Waterwerend

• Stemaktivering

• Vibrasies dui nuwe boodskappe aan

• LED-flitslig

LEES MEER: WWW.COBRAPMR.COM

'n Honey Badger-mes vir Pa

Honey Badger
Honey Badger

Die Honey Badger-mes maak sonder wrywing oop en toe danksy twee rollaers wat elk 18 koeëllaers bevat. Min messe bied so 'n uitsonderlike aksie wat dit 'n absolute pelsier maak om te gebruik. Honey-Badger-messe se meesterlike ontwerp maak hulle rateltaai.Eienskappe:

• 'n Heuningkoekpatroon op die handvatsel vir beter greep

• Liggewig en vaartbelyn

• Moeilik glybaar, selfs wanneer die mes nat is

• Pas netjies in jou hand

• 8Cr13MoV-staallem van vlekvrye staal

• Die handvatsel is van nylon wat met veselstof versterk is

LEES MEER: WWW.HONEYBADGERKNIVES.CO.ZA

'n Sonbril vir die stad én die bos

Timberland
Timberland

Dié sonbrille is spesiaal ontwerp vir mense met 'n passie vir die buitelewe en avontuur. Jy kan dit egter ook met gemak in die stad dra!

Timberland is verbind daartoe om etiese produkte te maak. Ten minste 35% van die plastiek in die bril se ontwerp kom van herwinbare bronne. Die handelsmerk se boom-logo is subtiel sigbaar in die gepolariseerde lense. Dit is liggewig, met rubber in die ontwerp wat ekstra gamak bied.

Die handelsprys van die geadverteerde Timberland-sonbril is R1 500.

Lees meer op SDM Eyewear se Facebook-blad

Of op die SDM Optics Instagram-blad

Die enigste fietslig wat Pa nodig het

Bontrager Flare RT
Bontrager Flare RT (Jeff Kennel)

Die splinternuwe Bontrager Flare RT-agterlig sal verseker dat Pa veilig fietsry! Dis drie keer kleiner, 30% meer kragtig en duur 20% langer as vorige modelle! Die nuwe USB-passtuk is waterdig, en die kenmerkende flits, fokus en reikwydte beteken jy kan dit van 2 km ver sien, selfs in die daglig.

Besoek 'n Trek-handelaar vir meer inligting.

Prys: R899

LEES MEER: www.trekbikes.com

Hou die son in jou sak

Ecoboxx Qube 50 Solar Kit
Ecoboxx Qube 50 Solar Kit

Het jy al ooit in die stikdonker by 'n kampterrein opgedaag en besef die flits lê by die huis? Gebruik dié sontoestel om tot 15 uur se krag op te wek.Jy kan jou selfoon en ander toestelle hiermee laai. Dit gebruik sonkrag om lig oor jou huis of kampterrein te gooi.

LEES MEER: WWW.FAITHFUL-TO-NATURE.CO.ZA

Stuuk 'n vuurtjie aan

Steek 'n vuurtjie aan
Steek 'n vuurtjie aan

Maak vir die man in jou lewe 'n geskenkpak vir die braai! Hier's twee puik idees: Dié braaisous neem inspirasie uit Amerika se Suide. Dit het 'n Amerikaanse whiskey-geur: Soet én pikant, met 'n rookagtige nasmaak.

Die skoonmaakmiddel sal verseker dat daar geen olie en vetterigheid op die braairooster oorbly nie. Dit bevat slegs natuurlike bestanddele.

Dis amper Vadersdag
Dis amper Vadersdag (unknown)

Maak 'n espresso… op reis!

Nanopresso
Nanopresso

Met dié slim espresso-maker kan jy jou gunsteling-drankie geniet wanneer jy vakansie hou, eerder as 'n koppie flou kitskoffie langs die kampvuur! Dit is kompak, lig en maklik om te gebruik.

LEES MEER: CAPECOFFEEBEANS.CO.ZA

Hou drankies langer koud

Hou drankies langer koud
Hou drankies langer koud

Dié vlekvrye staal-‘ysblokkies' het 'n verkoelende vloeistof binne-in. Nou kan Pa sy drankies lank koud hou, sonder dat dit verdun word. Hou dit vir minstens vier uur in die vrieskas in 'n sakkie voor gebruik. 'n Klein sakkie word ingesluit. Nou op 35% afslag!

LEES MEER: YOURLIFE.SHOP

Maak die perfekte burger-pattie

Maak die perfekte ‘patty'
Maak die perfekte ‘patty'

Hier's 'n oulike geskenk vir die sjefs in die familie: Met die toestel sal tuisgemaakte burger-patties nes die restaurant s'n lyk! Gebruik dit om tjoef-tjaf die hamburgervleis in perfekte, ronde patties te vorm.

LEES MEER: YOURLIFE.SHOP

Dis amper Vadersdag
Dis amper Vadersdag

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM