As deel van Beeld se 50ste bestaansjaar, wat vanjaar gevier word, begin ons 'n nuwe inisiatief waarin Beeld se getroue adverteerders hul wegbreekbestemmings adverteer.
Beeld se 50 plekke, wat as interessante bestemmings vir besoek aanbeveel word, sal voortaan elke laaste Saterdag van die maand verskyn.
Emerald Casino, Graskop Gorge, Riviera on Vaal en Lionpark is die eerste ondernemings wat dié projek afskop.
"Die reaksie van ons kliënte is oorweldigend positief en ek dink ons lesers gaan die promosieartikels geniet en moontlik oor plekke lees waarvan hulle nie geweet het nie," sê Sonja Smith, advertensieverteenwoordiger van Beeld.
Ondernemings in Beeld se hele verspreidingsgebied word genooi om deel te wees van die projek wat tot hul voordeel strek.
Beeld, as gesaghebbende handelsmerk met 'n inkomsteprofiel van lesers wat hoog is, bly 'n groot voordeel vir ondernemings.
Stuur 'n e-pos na Smith by sonja.smith@media24.com vir enige navrae en tariewe om te adverteer.














