Julle is met vakansie in die Kaap en wil die kinders bederf met 'n restaurant-ete... maar ai, dit raak so vinnig duur! Laai die Spenu-app op jou foon af en soek 'n restaurant wat twee burgers vir die prys van een aanbied.
Spenu (die naam is saamgestel uit specials en menu) wys jou watter spesiale aanbiedinge daar op 'n spesifieke dag by restaurante naby jou is - van halfprys-etes tot afslag op mengeldrankies. Die app is gratis en gebruik jou foon se GPS-ligging om te sê watter die naaste aan jou is. Dit werk tans net in die Kaap-omgewing, maar daar is reeds planne om ook na ander stede uit te brei.
Ná slegs drie maande is daar al 400 eetplekke (en sowat 300 specials) op die app gelys. Dit word gereeld bygewerk, as nuwe aanbiedinge bykom of oues nie meer geld nie.
Koste Gratis
Laai dit af in die Google Play-winkel (Android) of die App-winkel (Apple).
Meer inligting Stuur 'n e-pos aan: pieter@spenu.co.za













