As jyop die N5 tussen Bethlehem en Senekal ry, sien jy Paul Roux langs die pad sit, metsy rug styf teen 'n sandsteenrantjie.
Diedorp lyk rustig en min gepla met die res van die wêreld. Deur jou karvenstersal jy dalk die NG kerk se spitstoring met sy haan bo die bome sien uitsteek.Of hier naby die pad die kleinerige vulstasie. Veel meer sien 'n mens nie vandie dorpie nie en daarom hou die meeste bestuurders verby.
Vroeërjare, selfs voor die stigting van die dorpie in 1910, was die gebied 'n gewildestopplek en waarskynlik besiger as vandag. Hier het Voortrekkers en laterposkardrywers oorgestaan.
PaulRoux is op die plaas Wassou gestig, maar was eers Duplessisville genoem enlater na ds. Paul Roux genoem wat hier predikant was en ook 'n generaal in dieAnglo-Boereoorlog.
Oudpres.P.W. Botha is op die plaas Telegraaf in die omgewing gebore. Oor die jare heenwas Paul Roux 'n klein plaasdorpie met groot erwe waar 'n melkkoei of twee, 'n paarskape of 'n perd aangehou kan word. Die dorp was eens bekend as die plek vanwaar vuurhoutjies kom. 'n Groot populierbos aan die suidoostekant van die dorpis oor jare uitgekap omdat die hout perfek was vir die maak van vuurhoutjies.Nou is daar niks meer te sien van hierdie bos nie.
Inkommersis welkom
Ekstop half skepties voor die Pink Tricyclekoffiewinkel, want al sê die bordjie"Oop", lyk dinge hier ook stil. Maar dinge verander die oomblik wat ek CaroliseAppels, die eienaar, ontmoet en sy lostrek met gesels. "Nee," sê Carolise: "jymoenie oor middagete aksie verwag in onse dorpie nie. Maar Dino moet oop wees; hulleis altyd oop. Hulle is seker nou net 'n bietjie toe." Om nou verder deur diedorp te drentel gaan niks help of oplewer nie, gee Carolise raad. Die beste isom op Pink Tricycle se lang stoep te sit en 'n bier te drink. "Hier sal jy inelk geval later almal ontmoet. Maar onthou, whathappens on the stoep, stays on the stoep."
Met die aankomslag in Paul Roux meer as15 jaar gelede het Carolise gewonder of sy die regte ding gedoen het toe sy enhaar man, Theunsvan Rooyen, hierheen getrek het. "Jong, dit was stil. Dit was só stil.
Op 1 Desember 2010 het die PinkTricycle oopgemaak. En luister 'n mens na Carolise se stories oor stoepkuiers,het dit definitief Paul Roux se bymekaarkomplek geword.
Indie stofstraat kom iemand opgestap.
"Wolfie!Kom drink 'n bier!" roep Carolise van die stoep af. Wolfie, of Maggie Parvonov,kom sit by ons op die stoep. "Ek moes nou eers die ou vrouens se TV's gaaninstel by die aftreeoord," vertel sy. Hoewel Wolfie eintlik 'n kunstenaar is, issy ook die algemene regmaker van dinge hier op die dorp en op Donderdae enVrydae petroljoggie by die vulstasie. En die naam, Wolfie?
"Ekhet wolwe by my huis."
Sysien seker my skeptiese wenkbrou en sê ek moet gou kom kyk. Wraggies. Teen diehuisie se hoë heining waarsku rooi letters: "Pasop wolwe / Beware wolves /Pingi Diphiri" en in die erf speel vier gediertes.
"Verskriklikslim, glad nie gehoorsaam soos honde nie en vreklief vir vrugte."

'n Dorpvir die kunste
Kunstenaarsis wel volop in Paul Roux. "Ek dink Paul Roux se stilte is die hoofrede waarom onsalmal hier sit," vertel Edward van den Berg.
"Ditgee jou kans om op jou werk te fokus. Jy kan hard werk wanneer jy wil en wanneerjy niks wil doen nie, kan jy net terugsit, rondlê, maak wat jy wil. Want hierbeloer niemand jou of pla jou nie. Ekself lewe soos 'n krap in 'n gat.
Gaannet vinnig uit as dit moet en dan is ek weer by die huis en studio."
Eddy,soos almal hom ken, was 'n grafiese ontwerper in Durban toe hy 'n paar jaargelede deur die Vrystaat gereis het en op Paul Roux afgekom het. Nie lankdaarna nie het hy 'n ou huis gekoop en besluit om sy droom om voltyds kunstenaarte wees te volg.
"Disfantasties. Die mense voel soos familie en ek is mal oor die donderstorms. Enkyk, Bethlehem is 15 minute se ry en daar is als. So dit kan wraggies nie beternie."
Terugop die dorp sien ek 'n jong man aan 't skilder op die stoep van 'n winkel wattweedehandse klere verkoop. Dit is Josias Mosia, wat in die townshipgrootgeword het. "Ek het partykeer by Peter van Reenen se ateljee verbygeloopen hom gesien werk en toe besluit ek eendag ek wil dit ook doen. Ek het by homgaan raad vra en later het al die dorp se kunstenaars my gehelp en van hulletoerusting en verf gegee. Om te verf is vir my baie lekker en portrette is my gunsteling.Die oë doen ek altyd laaste. Dan is dit asof die gesig skielik lewe kry."
Teenlaatmiddag kom drie perde in Joubertstraat afgalop.
Dieruiters kyk wyd oor die horison. En ek weet hulle weet daar is nie veel anderplekke waar dit so mooi is soos hier nie.

DOEN DIT
DieSungazer-pelgrimstog: Einde2016 is die Sungazer-pelgrimstog deur die bewarea begin en dit neem stappersdeur die stiller dele van die Oos-Vrystaat. Die naam verwys na dieouvolk-akkedis wat hier voorkom en 'n bedreigde spesie is.
Die volle roete strek oor ongeveer 211km en 12. Maar jy kan ook die Sandy's Shoes-staproete probeer (93 km oor 6dae), die Vinnige Willemien (85 km oor 4) of kies uit naweekroetes.
Kontak:sungazerjourney.co.za,paulrouxvillage.co.za
DieHolhoek-wildsplaas is sowat 15 km suidoos van Paul Roux en hier is 'n 20km-staproete wat stappers oor twee dae kan doen (13 km op die eerste dag.)
Kontak: SumeJones 071 815 5892; http://holhoek.co.za/www.holhoek.co.za
Bydie Uniondale-wildsplaas naby Holhoek, sowat 10 km suidoos van die dorp, kan jy loerna 'n paar dinosourusspore wat op 'n sandsteenrots agtergebly het. Hier is 'nklein dinosouruspark waar jy meer oor hierdie oertyd kan hoor.
Jykan ook oorslaap in die selfsorgchalets.
Kontak: 082771 3208 of uniondalefarm.co.za.
EET HIER
DiePink Tricycle is 'n gesellige plek waar jy maklik kan vashaak - op die langstoep of binne onder die John Deere-advertensieborde.
Diekos is heerlik vars en die omelette is tops. Hier's ook lekker burgers, broodjies,slaaie en pasteie. Aandete kan gereël word. Sondaemiddae word hier 'n driegang-maaltyd bedien teen R110per bord.
Waar? Bo inMarkstraat, reg langs die Dunlin-gastehuis
Kontak: 073331 3689
BLY HIER
DieDunlin-gastehuis is Carolise Appels en Theuns van Rooyen se huis volinteressante oudhede.
Waar? Bo inMarkstraat, oorkant die aftreeoord.
Kontak 058471 0238 of 073 331 3689
Rosenhof Exclusive Country Lodge is pure plattelandse hotel met sandsteenmure en houtvloere.
Waar? Bo inMarkstraat, oorkant die Pink Tricycle.
Kontak: 082 490 2104
Hierdieis 'n verkorte artikel van die oorspronklik een wat in Weg #151 (Mei 2017)verskyn. Ons probeer nuwe inligting bywerk, maar feite en geite kon intussenverander het - laat weet gerus as jy iets raaksien.













