Jis, boys, wat maak daaiwolke?" vra oom Petrus van voor uit die kombi en flap sy aanknip-sonbrilletjiesoos 'n robot se wenkbroue op om beter te kan sien. Vorentoe, net daar waar dieteerstrook agter die voet van die berg invou, pak 'n digte grys massa saam.
"Ag, nee wat, Pa, daaionweer trek oos," paai sy vrou, tannie Minnie, sonder om van haar blokkiesraaiselaf op te kyk.
"And so do we,vroutjie, and so do we," troef hy haar.
Die grootmense loer nou almalby die naaste venster uit.
Vir die eerste keer vandatmy ouers my in dié kampnaweek saam met my pa se kollegas ingepraat het, is ekdankbaar dat ek in die kombi moet slaap - die army-tent wat oom Marius by'n kommando-vriend te leen gekry het, lyk nie vir my baie waterdig nie en diebeddens van die woonwa agter die kombi het reeds almal baas.
Ons begin teen diePiekenierskloofpas anderkant Piketberg uitklim en hoe harder die reën teen dieruite piets, hoe stiller raak dit in die kombi. Die agt grootmense tuur nou niemeer by die ruite uit nie, maar getroude pare maak oor die ander se koppe heenoogkontak.
En dit lyk asof die tannieshulle mans met grootgerekte oë probeer smeek om vir oom Petrus te sê ons moetomdraai.
Maar die kampkommandant laathom nie deur 'n reënbuitjie afsit nie. Hy draai net die Bonnie Tyler-tape harderen stamp die kombi met soveel oorgawe terug in tweede rat dat die twee rooiveldskoentjies aan die truspieëltjie soos klokke heen en weer swaai. Die enjingrom kwaai en ons val met 'n hik terug teen die sitbanke.
Oom Tommy gooi sy arm agteroor die voorste lang sitbank en skuif hom dwars sodat almal hom goed kan hoor.Om sy mond speel 'n glimlag voor hy begin vertel: "Een Juliemaand is ek en Rynahoeka in hierdie geweste... wás dit in Julie, Ryna?" vra hy vir sy vrou. "Ja, Tom,dit was vir ons huweliksherdenking," antwoord sy.
"Di-i-i-s reg! Ja. Nou toe'tdit ook so begin reën. Maar dit reën, hoor! Daai Sierra van my se wipers kannie byhou nie.
Hy gee eers 'n laggie voordat hy verder praat. "Man, ons kom daar aan en sien dóér, aan die ander kant van so 'n moddervlakte, staan die huisie. Ry soontoe, en ek klim uit om te gaan hoor of ons by die regte plek is." Weer lag die oom eers 'n bietjie op sy eie. "Jong, maar tóé sien ek darem nou 'n ding!
Daar't toe fout gekom metons bespreking - die oord is heeltemal vol, en ná 'n lang geskarrel kry onsplek in 'n huisie in 'n ánder oord. Die eienares sê toe oor die foon dat dievorige mense vroeër gewaai het as gevolg van die reën, en sy wil net eers 'nbietjie gaan skoonmaak, maar ons kan solank uitry soontoe.
Of altans, ons kan maag solankuitgy soontoe. Sy't so 'n lekker brei op haar gehad."
"Haai sies, Tom," betig tannieRyna hom.
Hy gee eers 'n laggievoordat hy verder praat. "Man, ons kom daar aan en sien dóér, aan die anderkant van so 'n moddervlakte, staan die huisie. Ry soontoe, en ek klim uit om tegaan hoor of ons by die regte plek is." Weer lag die oom eers 'n bietjie op syeie. "Jong, maar tóé sien ek darem nou 'n ding!
Die voordeur staan oop en ekstap in. En in die sitkamer kyk ek vas in 'n vrou se agterstewe, met 'nverestoffer wat so regop gedruk is in haar jeans se een gatsak..."
Voor in die bus begin my pa alte "gê-gê-gê", "... en sy staan so gebukkend oor die rusbank, die kussings inalle rigtings en smyt, en al wat ek hoor is: ‘Nou wáágs die gemout?! Waag't hulledie dêm ding ingedguk?!'
Toe sy opkyk, groet sy nieeens nie, sy skel net verder - ‘Kýk! Kyk hoe't hiegie mense gemogs! En jy moetdie vullisdgom hieg buite sien - sommeg 'n klomp pasta, kastgol en al, daag ingegooi!'en sy trek my by die agterdeur uit sodat ek kan sién.
Maar al wat ek raaksien, isdie stewige snor op haar bolip en ek moes my vinnig uit die voete maak, andershet ek in haar gesig uitgebars van die lag!"
Almal in die bussie bulder dituit en oom Marius se vrou, tannie Elsabeth, se lag klink nes 'n donkie watbalk. "Vrou! Jy lag agteruit! Sit jy vas in reverse?" vra hy so tussendie lagbuie deur vir haar en dit laat almal weer van vooraf proes.
"Og! Julle moes dit sien,"vat tannie Ryna die storie verder. "Hy kom buite by die kar, maar hy lag só datek nie kan agterkom wat gaan aan nie. En tussendeur wys hy die heeltyd na sybolip. Ek dog 'n by het hom gesteek, of iets."
"Ja, en dis nie al nie," giggleoom Tommy. "Ons het nie die hele naweek daar gebly nie, want toe die weeropklaar, wou ons mos gaan kamp. Die vrou dring toe aan dat ons die volgende nagse deposito, wat ek al klaar betaal het, by haar huis kom haal. Nou, hulle wasseker besig met aandete, want toe ons daar stop, kom sy so kou-kou uitgestap.Met dié wat sy die paar opgevoude note in my hand druk, voel ek 'n klammigheid tussendie papier, maar ek wil toe nie onbeskof wees nie en hou my pose totterug in die kar.
Toe ek my hand so oopvou,sit daar 'n groot klont aartappelslaai tussen my vingers!"
My pa lag só hard dat hy beginhoes en oom Petrus druk die toeter 'n paar keer uit pure lawwigheid. "Aitsa!Toe kry jy sommer 'n take-away saam met die small change!" gilhy.
Tannie Minnie het intussen haarblokkiesraaisel gebêre en dié het ook nou 'n storie beet. "Ou man, onthou jydaai een jaar in die Transkei toe dit so gereën het?"
"Jô! Wat praat jy! Ek dog ekword die volgende oggend op die oop see wakker soos wat die water deur ons tentgespoel het. My plakkies het dan glad begin dryf hier langs die kampbedjie," vertelhy met grootgerekte oë in die truspieëltjie.
"Ag, dit lieg jy! Jy't inelk geval só gesnork, jy sou nie eens geweet het as ons weggespoel het nie.
"Ja, en daar tref ek my vrou toe die volgende oggend aan - hoog in die takke aan 't Yankie-Engels praat!" laat hoor oom Petrus, kastig ontsteld.
"Mense, dié man gaan mos sóte kere as dit donnerweer, ek kon nie 'n oog toemaak nie. Ek het naderhandopgestaan en in my slaapsak onder die lapa in 'n hangmat gaan lê. Dit was nielank nie toe kom sit 'n Amerikaanse student ook daar en rol vir hom so 'n vét zol."Die tannie beduie iets omtrent so dik soos 'n Bar One.
"En bied vir my ook aan.Eers het ek geweier, maar naderhand was my hele lyf só koud dat ek toe maar 'npaar trekkies vat!"
"Ja, en daar tref ek my vroutoe die volgende oggend aan - hoog in die takke aan 't Yankie-Engels praat!"laat hoor oom Petrus, kastig ontsteld.
"Dis jou verdiende loon! Jy woumos nie lat ek by jou in die tent slaap nie!" stry sy terug.
Ek onthou 'n keer toe my ma,wat al 'n leeftyd lank ons kinderkonserte en babataal op tapes bewaar,my pa se gesnork een Vrydagnag skelmpies met die bandspelertjie opgeneem het. Dievolgende oggend pak sy kwansuis die studeerkamerkaste reg en kom heel "toevallig"op die ongemerkte tape af. Ons hele gesin het omtrent 'n halfuur gesiten luister, na wat sy vermoed "seekoeie by die Etoshapan" was, voordat sy die aapuit die mou gelaat het.
Bo-op die berg trek ons af sodatdie bussie 'n bietjie kan asemhaal en tannie Elsabeth haal 'n koffiefles enpadkosmandjie uit. "As dié skedonk overheat, staan ons hier tot P.W. eendaguittree," verklaar oom Petrus en doop nog 'n happie toebroodjie in sy koffie.
"Els, vertel daai stuk vanjou en jou suster by die Weskus," por oom Marius.
"Kyk, daai nag het ek gedinkdis die einde," begin sy dramaties. "Ek en Sus is laat die aand ná 'nnoodhulpkursus by die hoërskool op Vredenburg op pad terug stad toe. Daar langsdie Weskuspark sien ek die petrolnaald het darem vinnig gedaal en ek oorweegeers om om te draai, maar besluit toe om deur te druk tot op Yzerfontein endaar vol te maak.
"Daar gekom, is dievulstasie al gesluit met g'n mens of foonnommer in sig nie en ons draai maarweer terug op die R27 en hoop ons haal daai Total voor Melkbosstrand. Maar kyk,ons panic! Want dit reën en dis nag en ons twee is vrou-alleen op dieverlate stuk pad. En dis nog voor die dae van selfone, onthou!
"Ag, dit was seker nie 10 kmnie toe gaan staan die karretjie. Ek klim uit en Sus vat die wiel. Nou stoot ekdaai verdomde ding bult uit, dan spring ek in, en ons free anderkant af.So hou dit aan tot my arms te moeg word, dan ruil ons weer 'n bietjie om.
"Ek weet nie hoe ver ons gevorderhet nie, maar ons albei was al deurnat toe 'n broodlorrie uiteindelik verbyjaagen omdraai om ons te help. Die man het ons eers lekker uitgeskel oor hoeonverantwoordelik ons is, en toe die Opeltjie agter sy trok gehaak en onsMelkbos toe gesleep - 15 km verder!"
"Elsabeth, jy moet daaitoebroodjie ekstra baie waardeer," terg oom Marius, voordat hy die kombi sesydeur oopskuif. "Kyk dan nou! Die sonnetjie kom uit." Ons dop een-een uit diebussie om bene te rek en sowaar, die weer trek wes - nie oos nie - en bo dieSederberge is dit blou.
" 'Raait, boys," sêoom Petrus en prop die laaste happie toebroodjie in sy mond. "Kom ons gaankamp!"
Hierdie artikel het in Wegsleep van Maart-April 2009verskyn.













