Die sluiting is geldig tot 1 April 2026. Die staproetes wat gesluit is, is Kliphuis (al sy roetes), Kleinkoupoort, Skerpioensberg, Heuningvlei en Boontjieskloof.
Die Perdefontein-sirkelroete en die Kliphuis-wandelpad is wel oop.
Die hutte by Crystal-poele, Boontjieskloof en Heuningvlei is ook toe.
Die brand het op die Krakadouwpiek begin en oor sowat 200km² versprei. Plaaslike brandweer-departemente, boere en die gemeenskap het gehelp om die vuur onder bedwang te kry.
Cape Nature ondersoek nog die volle omgang van die ekologiese skade en die omgewing sal tyd neem om te herstel.
Gaan na capenature.co.za of bel 087 087 9262 om uit te vind wat die stand van sake is voordat jy bespreek.
















