Ons gebruik homelke dag as ons daar is om te kyk waar om te ry, én natuurlik om die diere envoëls uit te ken. Die probleem is die boek verniel verskriklik omdat ons hom soaanhoudend gebruik. En ons is al deur heelparty van hulle.
Ná een van ons Krugervakansiehet ek vir my twee gidsboeke gekoop, een in Afrikaans en een in Engels.
Ek het diebladsye afsonderlik laat lamineer en toe in een groot boek laat saambind. Ditis lekker om die twee tale langs mekaar te hê, want nou leer ek sommer ook dieEngelse name. Verder het ek die bladsye waarop die kaarte is, saam laatlamineer om een groot kaart te maak.
Dit is maklikerom te sien waar jy gaan as jy nie hoef om te blaai nie. Dié boek verniel nie enhy lyk nog net soos die dag toe ek hom laat maak het.













