Reis

Soek en wen met Minelab

Wie kruip daar weg?

Soms moet 'n mens fyn kyk om dit te sien wat reg voor jou is. Kyk mooi of jy kan sien wat hier tussen die grasse wegkruip. Vul dan jou antwoord hier onder in en jy kan dalk een van Minelab se metaalverklikkers wen om jou eie skatte in die bos, veld of langs die see te gaan soek. Die kompetisie sluit op 30 November.

Foto: Rey van Rensburg
Foto: Rey van Rensburg

Minelab se reeks Go-Find-metaalverklikkers is die ideale toerusting vir gesinne wat die buitelug geniet.

Die Go-Find-reeks is lig, het 'n waterdigte spoel en vou kompak op om maklik te bêre.

Dis ook baie maklik om te gebruik. Druk eenvoudig die "Soek"-knoppie en kies die modes wat jy verlang en jy's reg vir jou skattejag. Danksy die verstelbare lengte kan kinders en grootmense dit gebruik, wat beteken dit is vetpret vir die hele gesin.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM