Reis

Stil strande as die wind waai

(Samantha Reinders)

Die kinders is reeds in die kar met 'n dik laag sonskerm aan, die strandsak is gepak en die strandsambreel is in die kattebak. En dan begin die wind waai.

Wanneer die wind in die Kaap loei, raak dinge vinnig onplesierig - veral op die strand. Die kinders se tande klap van die koue as hulle uit die water kom, elke keer as jy jou handdoek optel stuur jy sand in dié wat wind-af sit se rigting (en kry 'n paar vuil kyke), en jy moet minstens twee keer 'n weghol-strandsambreel inhardloop.

Wat nou? Moenie net dadelik die sanderige handdoek ingooi en die vakansie-vertrapping in die naaste mall gaan aandurf nie… loer eers by dié 5 strande in. Dit hang natuurlik af uit watter rigting die wind kom, maar soms is hierdie beskutte strande doodstil terwyl die res van die Kaap wegwaai.

Clifton. Foto: Sam Reinders
Clifton. Foto: Sam Reinders

Bikini Beach - Gordonsbaai

Diaz-strand - Kaappunt

Clifton-strand - Tussen Kampsbaai en Seepunt

St. James-strand - Tussen Muizenberg en Kalkbaai

Barley-strand - Tussen Kampsbaai en Oudekraal

Laat weet ons as jy van nog windstil strande weet! Stuur epos en foto's na digitaal@weg.co.za.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM