Reis

Veldfeite: Bok-bok staan styf

(Albie Venter)

Om dieselfde rede dat die skoledebatspan en die eerste rugbyspan nie dikwels op dieselfde partytjies gesien word nie, speel 'n bok se grootte ook 'n deurslaggewende rol. Laat ek verduidelik: 'n Dikdik is klein en vreet nie so baie soos 'n eland nie (hulle oorleef op goed soos blomme, vrugte en gras).

Die nadeel hiervan is dat hulle nie baie kleintjies het nie, en die kleiner sosiale groep beteken daar is nie baie oë wat op die uitkyk kan wees vir gevaar nie. Daarom bly hulle eerder in beboste gebiede waar hulle vir roofdiere kan wegkruip eerder as om te vlug.

Elande, daarenteen, is groot bokke en moet baie vreet, maar dit hoef nie noodwendig gehaltekos te wees nie. Hulle kan dus wyd wei.

Groot troppe kan 'n grasvlakte vinnig skoonvreet, maar dan skuif hulle bloot na die volgende plek. Die groter troppe het ook baie meer oë wat op die uitkyk is vir roofdiere.

Albie Venter

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM