
Wat het hulle gedoen?
Dirk en Alti het die oggend afgeskop met 'n heerlike ontbyt by Karoo Sjiek in Graaff-Reinet.
Klik hier vir nog inligting oor Karoo Sjiek of bel 071 521 2413.
Van daar af het hulle die bekende kerk besoek. Dit is die enigste kerk in Suid-Afrika met 'n kaggel, kombuis en skoorsteen. Die kerk staan bedags oop vir besoekers en vra net skenkings.
Dit was lekker warm en hulle het besluit melkskommels by die Polka Café is nodig. Die mense op die dorp gons oor die fraai plekkie. Maar moenie na die koffiewinkel kom as jy kalorieë tel nie… alles is varsgebak en met liefde gemaak.

Vir nog inligting oor die Polka Café: Bel 087 550 1363 of besoek die webblad.
Die volgende stilhouplek was die Obesa-kwekery. Dis een van die drie grootste vetplanttuine in die wêreld - hier is duisende verskillende plantspesies. 'n Mens kan verdwaal in dié tuin, en jy kan maar weet: Iewers aan 'n kaktus by jou bloed trek. Van die plantjies is te koop en die eienaar, Johan, is 'n karakter - 'n geselsie met hom sal dalk jou lewe verander.
Vir nog inligting oor die kwekery: Bel (0)79 496 8067 of stuur 'n e-pos na anton@obesanursery.com. Klik hier om hulle webblad te besoek.
Die plaaslike brouery, GRT-brouery, is in die hoofstraat geleë. Hulle bedien lekker tuisgemaakte boetiekbier met heerlike peuselborde.
Bespreek jou plek by die brouery: Bel bel 061 408 4351.
Klik hier om hulle Facebook-blad te besoek.
Die volgende oggend was hulle op pad Cradock toe, maar het toe eers besluit om 'n draai in 'n ander rigting te ry - sowat 50 km na Aberdeen toe. Dis ook 'n mooi Karoo-dorpie, maar die eintlike rede vir Dirk en Alti se besoek was die kerk. Dit het die hoogste kerktoring in Suid-Afrika. As 'n mens 'n ent weg is, kan jy sien die toring is 'n bietjie skeef - blykbaar was die bouers haastig!
Van daar af is hulle Cradock toe. Hulle was heel eerste by die Schreinerhuis-museum. Olive Schreiner was 'n wêreldbekende skrywer wat in Cradock gewoon het, in die einste huis wat nou 'n museum is. Van haar skryfbehoeftes is nog behou in die museum, en ook baie van haar skryfstukke en interessanthede uit haar lewe. Haar bekendste boek was The Story of an African Farm.
Klik hier vir nog oor die museum.
Hulle volgende stilhouplek was ietwat ongewoon: die begraafplaas. Hier is 'n grafsteen waar 'n "Harry Potter" begrawe is. Dis nou nie die bekende towenaar Harry Potter nie, maar iets om te sien.
Die "Cradock Four"-monument buite die dorp is die volgende stop. Die monument gedenk vier anti-apartheid-aktiviste wat wreed vermoor is deur veiligheidspolisie toe hulle op pad terug Cradock toe was van Port Elizabeth. Dis 'n treffende monument met 'n pragtige tuin en 'n herinnering aan vier helde van die stryd teen apartheid - Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkonto en Sicelo Mhlauli.
Dirk en Alti het ons naweek afgesluit by die Bergkwagga- nasionale park net buite Cradock. En ja, hulle het 'n skaars bergkwagga gesien! Die kampplekke is netjies en formele verblyf is ook beskikbaar.
Waar het hulle gebly?
076 473 4589
info@rietjiesbos.co.za
048 881 1322 / 048 881 1650
info@tuishuise.co.za
Nuwe episodes van Vrydag 4 uur word elke Vrydag om 17:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met heruitsendings op Saterdae om 19:30.












