Kubu-eiland in Botswana is nie die soort eiland waar jy 'n drankie uit 'n kokosneut drink onder 'n palmboom nie. Trouens, daar is nie water daar naby nie. Inderwaarheid is Kubu 'n klipperige rots-"eiland" in die (meestal) kurkdroë Makgadikgadipan. Maar die leser Linda Neuhoff was by dié eiland ná groot reëns. Sy vertel meer:
"Ons was gelukkig om Kubu-eiland in Botswana in Maart te besoek ná groot reëns. Die pad soontoe was heeltemal oorspoel, en die wag by die hek wou ons keer. Ons het ons doof gehou en Kubu gesien soos min ander mense dit nog gesien het.
Op pad het ons 'n moedelose Duitser gekry op 'n middelmannetjie in 'n see van modder en water. Hy het kamp opgeslaan en gewag vir iemand om hom te help. Ons het hom uitgesleep en hy het net daar omgedraai.
By die kamp gekom was die opsigter verras. Daar was weke laas iemand.
Ons is beloon met 'n gesig wat ons vir altyd sal onthou: Kubu- eiland onder die reënboog, met die belofte van nóg lieflike reën."
Hier is Linda se foto's:

Hier's hoe Kubu gewoonlik lyk... g'n water in sig:
Foto's: Toast Coetzer


Wil jy na Botswana toer? Bestel Weg se Botswana-gids hier.













