Voel dit asof jou ore voortdurend aangeval word deur die motoralarms, taxi's wat toet en sirenes wat loei? Laai hierdie diereluitone van SANParke af sodat jou selfoon jou kan wegvoer bos toe… minstens vir 'n paar sekondes.
Jy kan deur 'n verskeidenheid dier- en voëlgeluide (meer as 100!) soek op SANParke se webblad. Van die gewildstes is die geluid van die bosveldvisvanger en 'n bobbejaan wat blaf. Jy kan eers na al die opsies luister voor jy een kies. En as jy verkies om "in die wildtuin" wakker te word - gebruik een as 'n wekker!
Koste Die luitone kos R15 elk, of jy kan 'n bondel met 5 luitone koop vir R50. Dan kan jy die leeubrul gebruik wanneer jou pa jou bel en die kwêvoël vir oproepe van jou baas af…
Laai dit af op die webblad
Nota Die luitone word nie na jou foon gestuur nie. Jy moet dit eers op jou rekenaar aflaai en dan oorsit op jou foon. Volg die instruksies op die webblad.













