Dit maak nie saak wat jou omstandighede is nie, met Ledlenser se kragtige draagbare ligbron kan jy enige donkerte verlig.
Die talle modelle uit hul Werk- en Professionele reeks verskaf lig vir 'n groot verskeidenheid take, terwyl ligte in hul Huis- en Leefstylreeks daaglikse take makliker maak.
Die Buitelug- en Sportreeks bied weer kragtige beligting vir ontspanning en avontuur.
Die vernaamste fokus van die maatskappy, wat in 1993 tot stand gekom het, was en is steeds die ontwikkeling van innoverende produkte en tegnologie.
Om aan hierdie belofte te bly voldoen, het die maatskappy sy handelsmerk-beeld volledig verander.

Hiermee beoog Ledlenser om 'n persoonlike verbintenis met sy gebruikers te bou. Vandaar hul nuwe slagspreuk: "PowerUp".
Die veldtog met dieselfde naam fokus op outentieke foto- en video-inhoud om op 'n emosionele manier tot verbruikers te spreek.
Aan die een kant staan PowerUp vir hul produkte van hoë gehalte en hoë werkverrigting, maar bowenal spreek dit tot gebruikers met die inspirerende boodskap: Ons almal wil voorbereid wees op die onverwagte sowel as die alledaagse.
Dus, of dit nou Eskom of 'n onvoorsiene weerligstorm is wat die krag uitslaan, jy kan veilig voel met Ledlenser se ligte.
Ontwerp met 'n perfekte balans van tas-spesifieke tegnologie en 'n kragtige werksvermoë, verskaf Ledlenser ligte wat probleme oplos eerder as skep, helder en betroubaar is, en duursaam genoeg is om jou 'n leeftyd te hou.
Reis verder, skep herinneringe, wees trots en #PowerUp met Ledlenser.
Vir nog inligting, klik hier.
Kyk dié video vir meer oor PowerUp.













