Smaakmakers

Skryf in as mense jou smaak!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Is jy 'n smaakmaker ( wat tuiniers of plantouers op sosiale media inspireer?

Of volg jy iemand wat mense in Afrikaans op platforms soos TikTok, Facebook en Instagram inlig oor onderwerpe soos tuinmaak, kos, boeke, reis, wyn, skoonheid, komedie en gesondheid?

Met Netwerk24 se Smaakmaker-kompetisie in samewerking met onder meer Rapport, Landbou.com, kykNET, Kuier, Huisgenoot en Sarie word erkenning gegee aan die beste smaakmakers in Afrikaans.

Daar is 14 kategorieë waarin smaakmakers elkeen R25 000 kan wen en die algehele wenner sal met nóg R25 000 huis toe gaan.

Rapport is spesifiek op soek na smaakmakers wat hulle besig hou met plante en tuinmaak. Kuier wil inspirasie-mense op sosialemediaplatforms vereer, terwyl NB Uitgewers na smaakmakers in die wêreld van boeke kyk.

Inskrywings sluit om middernag op 14 Januarie 2024. Jy kan jouself of iemand anders inskryf.

Die finaliste word op 22 Januarie bekend gemaak op Netwerk24 en op die sosialemediaplatforms van al die vennote. Die publiek kan dan vir hul gunstelinge stem.

Stemme sluit op 15 Februarie en die wenners word op 29 Februarie in Kaapstad aangekondig.

Net Afrikaanse inhoud sal beoordeel word. Smaakmakers wat inhoud in Engels skep kan ook inskryf, maar daar moet genoeg Afrikaanse inhoud wees om te beoordeel.

Slegs een sosialemediaplatform word in ag geneem - kies daarom die een wat die smaakmaker se primêre kommunikasiekanaal is, of dit nou Instagram, Facebook of TikTok is.

Bepaalde kriteria geld elke kategorie en elke smaakmaker moet daaraan voldoen om vir pryse in aanmerking te kom.

Besoek Netwerk24.com vir meer inligting oor die afdelings, asook vir die bepalings en voorwaardes.