Kreef 21 Junie - 21 Julie

Jou aspirasies vir die toekoms moet moontlik aangepas word om by die werklikheid van jou lewe op die oomblik te pas.
As jy daarvan gedroom het om verder te studeer, kan 'n mens nie sê dit sal nooit gebeur nie, maar jy sal dalk van koers moet verander op pad na daardie doelwit toe.
Die kans is goed dat jy nie die geld het wat nodig is nie, maar jy kan net jou planne uitstel tot jy gereed is.
Die kreef in die spieël
Jy hou daarvan om by jou huis en in die tuin te werskaf. Jy's altyd verstom wanneer jy jou kruideniersrekening sien. Jou ma is jou beste vriendin en die een wat jy in 'n krisis bel.
Jy is in voeling met jou emosies en ken daai gevoel op die krop van jou maag. Jy hou daarvan om middagete vir die hele familie en jou vriende te berei.
Leeu 22 Jul - 22 Aug

Let op enige soort onvoorspelbare verandering wat jou skuld betref, want jy wil nie in 'n situasie beland waar dit sonder jou medewete vererger nie.
Gelukkig het Mercurius, die planeet van die verstand en denke, op die 2de van teken verander in die Leeu in. Dit sal jou op en wakker maak. Herbesin oor jou langtermynplan oor hoe jy jou skuld gaan struktureer en bestuur.
Maagd 23 Aug - 22 Sep

'n Verhouding is nie heeltemal wat jy gehoop het dit sou wees nie omdat twee planete in jou liefdeshoroskoop agteruitbeweeg.
Al is dit uiters teleurstellend, is dit 'n verstandige waarskuwing dat wanneer 'n mens ander op 'n troontjie plaas hulle sonder uitsondering sal afval. Dit is dus belangrik dat jy jou verwagtinge aanpas om meer by die werklikheid te pas.
Weegskaal 23 Sep - 22 Okt

Net toe jy dink jy het alles by die werk uitgepluis, word alles ontwrig en kan jy jou in die middel van 'n chaos bevind. Beskou dit as 'n waardevolle les - dat niks ooit dieselfde bly nie en dat dinge nie altyd net glad verloop nie.
Jy sal aanpasbaar moet wees, leer om dinge te laat gaan en verandering verwelkom. As jy dit onder die knie het, sal jy hernude selfvertroue hê.
Skerpioen 23 Okt - 21 Nov

Jy moet vandeesweek uiters geduldig wees met kinders of jong mense in 'n situasie wat onverwags uitrafel. Omdat jy begrip het, sal jy jou bes doen om 'n situasie te ontlont eerder as om 'n skuldige te soek.
In hierdie geval is spanwerk die beste benadering. Probeer dus om nie so onafhanklik soos altyd te wees nie, kry hulp en werk dit saam uit.
Boogskutter 22 Nov - 20 Des

Die huis en jou gesin het jou onverdeelde aandag nodig omdat sowel Saturnus as Neptunus in jou familiehoroskoop agteruitbeweeg.
Aanvaar wat dit ook al is wat jou in die gesig staar met moed en durf in daardie koel Boogskutter-styl - met eerlikheid. Dis goed om te weet dat Mercurius op die 2de in 'n versoenbare vuurteken inbeweeg.
Steenbok 21 Des - 20 Jan

Saturnus, jou heerserplaneet, begin op die 29ste agteruitbeweeg, net soos Neptunus, die planeet van illusies, op die 2de. Dit sal 'n invloed hê op kommunikasie. Maak dus ekstra seker dat jy verstaan word.
As jy in dié tyd dokumente moet onderteken, maak seker jy verstaan die fynskrif voor jy teken. Op die liefdesfront lyk dinge goed en sterk, en dis gerusstellend.
Waterdraer 21 Jan - 18 Feb

Kwessies wat met geld en inkomste te doen het, kan jou laat stres, maar dit sal nie help om paniekbevange te raak nie, dit sal die situasie vererger.
Bly koel en kalm, maar begin om planne op papier te maak oor hoe jy jou geldsake gaan bestuur. Kry hulp van kenners, indien nodig, pleks van om dit oor te laat aan toeval. Luister na 'n kollega wat wenke en ervaring het.
Visse 19 Feb - 20 Mar

Of jy nou daarvan hou of nie, jy is die middelpunt van wat in die heelal gebeur. Met Saturnus en Neptunus wat op die 29ste en die 2de onderskeidelik agteruit- beweeg, is jy eerste in die ry om die verskynsel te ervaar.
Die kans is goed dat dit net 'n weerspieëling van 'n innerlike proses is, so jy hoef nie bang te wees nie. Haal diep asem.
Ram 21 Mar - 19 Apr

Jy voel onrustig en dit is moeilik om uit te vind wat aangaan. Jy sal daarby baat vind om 'n spirituele prak-tyk deel te maak van jou lewe, of dit nou gebed, meditasie, joga of daaglikse stiltetyd is om na te dink oor jou lewe.
Dis dalk makliker gesê as gedaan vir 'n aktiewe Ram, maar probeer dit gerus.
Bul 20 Apr - 20 Mei

Dinge is aan die gebeur in jou vriendekring. Gee aandag aan wat in die lewe van ander aangaan omdat jy nooit sal weet wat agter geslote deure gebeur nie.
As jy 'n simpatieke houding aanneem, kan dit 'n vriend aanmoedig om hul hart oop te maak en jou in hul vertroue te neem. Onbewustelik is dit dalk net wat hulle nou nodig het.
Tweeling 21 Mei - 20 Jun

Jy sal teleurgesteld voel as 'n transaksie of taak waaraan jy al vir 'n ruk werk nie realiseer nie of gekanselleer of uitgestel word.
Dit is 'n gunstige tyd om jou loopbaandoelwitte te herdefinieer om vas te stel of dit nog ooreenstem met jou vermoëns en verwagtinge.
As jy nie jou doelwit bereik nie, is dit 'n aanduiding dat jy 'n nuwe benadering nodig het.









