Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 10 Desember 2019

JOU DAG

Mercurius beweeg tot 29 Desember deur die Boogskutter.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n spirituele en onpeilbare siel. 2020 is die jaar om jou geldelike situasie op 'n positiewe, praktiese en ingeligte manier uit te sorteer.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Mercurius, die kommunikasieplaneet, is tans in jou teken, Boogskutter. Jy's dus gretig om te gesels en te sê wat jy dink. Jy moet egter die drang onderdruk om veroordelend te wees en jouself onfeilbaar te hou ten opsigte van jou menings.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

'n Doelwit of versugting is vir eers op ys, maar dis in die haak. Dit gee jou ekstra tyd om jou planne te oordink en te verfyn. Soek ekstra leiding en inspirasie in jou binneste as jy nog steeds twyfel.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Mercurius besoek jou netwerksone, dus moet jy jou portuurgroep uitbrei om sodoende 'n stimulerende en kreatiewe nuwe groep in te sluit. Gebruik ook jou intuïsie om 'n netelige probleem met 'n vriend op te los.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Mercurius is tans in jou loopbaansone. Jy moet dus daarna mik om meer nuuskierig, kreatief, mededeelsaam en entoesiasties te wees by die werk. Jy sal eenvoudig agtergelaat word indien jou pas afneem, jyy stagneer of uitstel.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Mercurius is in jou avontuursone. Dit is dus 'n wonderlike tyd om iets nuuts te bestudeer. Of om te beplan om iewers heen te reis wat jou nog altyd geboei het - plaaslik, landwyd of oorsee.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Vandag se sterre beklemtoon bestendige gesprekvoering en kreatiewe kommunikasie terwyl jy die geselskap van jou vriende en familie geniet. Neem ook tyd om te probeer begryp waardeur een van jou geliefdes werklik gaan.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Alles draai nie net vandag om jou nie, Tweeling! Mercurius, jou magsplaneet, beweeg deur jou verhoudingsone. Hoe meer jy dus op die behoeftes van jou geliefdes konsentreer, hoe gelukkiger sal almal wees.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Mercurius sluit by die Son aan in jou welsynsone - oefen en eet jy dus behoorlik? Maak ook sommer seker dat jy by is met jou mediese en tandheelkundige besoeke. Dit verg motivering om goeie gesondheid te handhaaf.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Dis tyd om genotvolle aktiwiteite met jou geliefde, 'n kind of intieme vriend te deel. Of dit nou 'n fliek, 'n konsert, 'n heerlike ete of stimulerende gesprek is, moet julle 'n punt daarvan maak om saam pret te hê.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Oos, wes, tuis bes! Mercurius beweeg deur jou tuistesone, dus word gesinsake en huishoudelike projekte bevoordeel. Doen dus jou bes om die kommunikasiekanale wyd oop te hou.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Weegskale hou van gesels! Mercurius beweeg deur jou kommunikasiesone. Jy is dus gretig om jou idees uit te druk en hope stimulerende gesprekke te voer met interessante mense - persoonlik, sowel as aanlyn.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jou wenslysie is aansienlik langer as die grootte van jou huidige bankbalans, dus is jy geneig om te veel geld uit te gee. Mercurius moedig jou aan om meer ingelig te raak wat geld betref. Onthou - kennis is mag!

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM