JOU DAG
Probeer vandag om die balans tussen hart en verstand reg te kry.
AS JY VANDAG VERJAAR
Met jou geboorte op die sterretekens se dag van die bouer, is jy 'n bekwame en konstruktiewe mens. Die volgende 12 maande is die tyd om meer pret te hê en buigsamer te wees.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Trotse en lewendige Leeus waag graag spronge. Maar vandag se sterre moedig jou aan om die balans reg te kry tussen dinge te deurdink en om geleenthede aan te gryp wanneer hulle opduik.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Vermy die versoeking om 'n puntenerige perfeksionis te wees. Jou slagspreuk vir vandag kom dus van die beroemde Beyoncé. "As alles perfek was, sou jy nooit geleer het nie, en sou jy ook nooit gegroei het nie."
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Daar kan vandag effense konflik verskyn tussen 'n werkaangeleentheid en 'n intieme verhouding. Probeer om aan albei situasies die tyd en aandag te gee wat hulle verdien. As jy georganiseerd bly, kan jy dit doen!
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Is jou daaglikse lewe en gewone roetine tans baie verwarrend? Moenie vandag enige langtermynbesluite neem nie, Skerpioen. Wag tot die stof gaan lê het voor jy 'n heel nuwe rigting inslaan.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Het jy dalk, wat 'n kind, tiener of boesemvriend betref, onrealistiese verwagtinge, Boogskutter? 'n Proaktiewe en samewerkende benadering sal jou help om die lug te suiwer en die verhouding te verfris.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jou verhouding met 'n lid van jou gesin verander geleidelik, terwyl jy begin om sy/haar ware motiewe te begryp. Wy vandag tyd aan skoonmaak, opruiming en die verfraaiing van die omgewing om jou huis.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Rustelose Waterdraer - jy is op 'n reis en in die bui vir avontuur, maar kyk mooi waarheen jy op pad is. Jaag jy miskien 'n kwessie met 'n familielid, vriend of sakekontak aan?
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Weerstaan die versoeking om bekommerd en angstig te wees oor die toekoms. Hoe meer openlik jy jou ware gevoelens oordra - veral teenoor familie en vriende - hoe beter sal die dag wees.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Fokus jou aandag op huishoudelike pligte en persoonlike sake. Jy is gretig om probleme so gou moontlik op te los. Maar jy moet besef daar gaan meer agter die skerms aan as dit waarvan jy tans bewus is.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Om iemand aan te moedig om sy/haar persoonlike beste te lewer, laat jou die rol van Bul-mentor of leermeester aanneem. Maar is 'n gesinslid 100% opreg en gee hy/sy jou al die feite?
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Geldsake lyk vandag taamlik ingewikkeld, Tweeling, terwyl jy help om 'n geliefde of boesemvriend se geldsake fyn in te stel. 'n Gekwalifiseerde persoon wag om te help, so moenie sy/haar kundigheid wegwys nie.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Intieme verhoudings word vandag beklemtoon, Krewe. Maak egter seker dat julle duidelik en noukeurig is as julle met ander mense gesels, veral as julle werkaangeleenthede bespreek.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















