Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 11 Junie 2019

JOU DAG

Moenie meegevoer raak en meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het fantastiese idees, maar vind dit dalk moeilik om dit aan ander mense oor te dra. 2019 is die jaar wanneer jy meer buigsaam moet wees terwyl jy ander mense - en jouself - beter leer ken.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Is jy realisties? Dis fantasties om pragtige, groot drome te droom, maar daar breek 'n tyd aan wanneer jy hulle in die praktyk moet omskakel. Jy's ook geneig om dinge te oordryf, te veel geld te bestee en te veel uit te brei.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die son en Jupiter is daarop uit om die ritme van jou dag omver te werp. Betrekkings met 'n vriend of lid van die gesin sal moontlik ook deurmekaar wees. Hoe meer aanpasbaar jy is, hoe beter sal jou dag wees.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Is jou dag reeds beplan en jou reaksies geoefen? Berei jou voor op ontwrigtende verrassings. Dinge sal nie glad verloop nie; dus moet jy aan jou sitplek vasklou en 'n uitgelate rit verwag.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Dinge lyk tuis en by die werk onseker. 'n Huismaat of gesinslid kan jou dalk ontstel met 'n onverwagte voorstel. Of 'n kollega, kliënt of klant kan jou met iets onkant betrap.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Haastige woorde sal jou vandag in die moeilikheid laat beland. Dink mooi voor jy aanvegbare uitlatings maak wat jy later sal berou. Jy sal dalk uitvind dat jy meer afgebyt het as wat jy kan kou.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy sal vandag emosioneel van stryk af voel. En jou buierigheid kan 'n intieme persoonlike verhouding skade berokken. Berei jou voor op 'n klompie lastige bulte in die pad.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy is vandag in die bui om jouself te vertroetel terwyl jy feitlik alles oordoen. Dit sluit in praat, eet, sosialiseer en geld uitgee. Wanneer jy motor bestuur, moet jy nie te vinnig ry of jou aandag laat aftrek nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy sal vandag lus wees om mense, besittings, gedrag of aannames uit die verlede wat hul doel gedien het, weg te gooi. Waak daarteen om oorboord te gaan.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Vriendskappe en groepaktiwiteite lyk vandag ietwat onseker. Moenie iemand anders se weergawe van gebeure aanvaar nie. Gebruik die tyd om dinge deeglik na te gaan voor jy 'n belangrike besluit neem.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Die planete krap probleme in jou tuistesone deurmekaar; dus kan daar 'n tikkie te veel wrywing by die huis voorkom. 'n Dubbele dosis diplomasie sal jou heel goed deur die dag - en aand - kry.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme kan regte vuurvreters wees en vandag se sterre kan jou selfs ongeduldiger en impulsiewer maak as gewoonlik. Raak rustig aangesien jy waarskynlik voortvarend en ietwat roekeloos gaan voel.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy is vandag gretig om iets nuuts te leer, maar moenie vinnig tot halfgebakte gevolgtrekkings kom nie. Veral wat geldsake betref. Deurdink dinge liewer goed voor jy 'n groot skuif maak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM