JOU DAG
Die Son/Pluto-vierkant sorg vir 'n intense 24 uur.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n oortuigende en kragtige mens. Oor die komende jaar moet jy heelwat meer geduldig raak, aangesien baie dinge na die agtergrond geskuif moet word.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die volgende 24 uur lyk taamlik stresvol, terwyl huidige omstandighede en beperkings jou beperkte geduld toets. Vermy ook die versoeking om doellose magspeletjies met ander mense te speel.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy moenie vandag kwessies as alte swart of alte wit beskou nie! Daar is tans vele skakerings van grys, terwyl jy jou pad oop onderhandel en navigeer deur 'n veranderende persoonlike en professionele landskap.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Moenie die positiewe uitwerking wat jy in 'n groepsituasie kan hê, onderskat nie. Persoonlike projekte moet tydelik op die agtergrond geskuif word terwyl jy jou moue oprol en ander mense help.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
'n Verhouding lyk vandag problematies, aangesien iemand bevele en ultimatums uitdeel. Meer toegewings en samewerking van albei kante word benodig as jy trane teen slapenstyd wil vermy.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Om 'n baasspelerige Leeu of 'n veeleisende diva te wees, sal jou vandag nêrens bring nie. Vir 'n verhouding om te blom, moet jy aan jou geliefdes volop persoonlike ruimte gun, en hulle ook 'n kans gee om te skyn.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Jy sal verkies om 'n probleem op 'n openlike en spoedige manier te takel, maar dit sal eenvoudig net nie gebeur nie. Daar gaan baie agter die skerms aan, en mense se motiewe mag dalk aansienlik anders wees as wat hulle voorgee.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Vandag se sterre bevorder kommunikasie, en om met ander mense op strategiese maniere kontak te maak en te gesels. Maar sorg dat iemand jou nie betrek by 'n debat of argument oor 'n sensitiewe familiekwessie nie.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die Son lê reghoekig met jou magsplaneet, Pluto, en dit versterk jou temperamentele streep en jou beheervraatneigings. Jy sal sien dat, hoe hardkoppiger jy is, hoe meer uitdagend raak die dag.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy is vandag op jou geselserige beste en onsensitief slegste. Jy het heelwat om te sê, maar maak seker jy gebruik jou tyd om werklik te luister. Veral na 'n kind, tiener of intieme vriend met probleme.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Daar bestaan 'n moontlikheid van uitputtende magstruwelinge vandag, Steenbok, veral met kollegas of gesagsfigure. Jy sal sien dat, hoe meer veeleisend jy is, hoe moeiliker verloop die dag.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Wat 'n persoonlike kwessie of 'n gesinsaak betref, sal jy dalk moeilike vrae moet vra en ernstige besluite moet neem. Om te ontsnap na jou eie wêreld, sal jou nie ver bring nie.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Vriendskappe of gesamentlike geldsake lyk vandag problematies, Vis, aangesien iemand probeer oorneem. Jou natuurlike neiging is om uit te stel, maar hoe meer passief jy is, hoe meer stresvol sal die dag raak.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















