Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 17 Desember 2019

JOU DAG

Jy moet vandag probeer om die balans tussen hart en verstand reg te kry.

AS JY VANDAG VERJAAR

Die komende 12 maande is die tyd om jou veelsydige talente so aan te wend dat die wêreld dit kan sien. Jy moet egter nie jou eie saboteur wees nie. Poog om op 'n positiewe en proaktiewe paadjie te bly.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die Son en Mercurius beweeg albei deur jou teken. Moet dus nie die geleentheid vermors om jou kreatiewe sappe aan die vloei te kry nie - druk jouself uit! Die resultate sal jou verheug.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Wanneer jy in aanraking kom met jou deernisvolle sy, sal jy tegemoetkomend optree teenoor jou vriende en kollegas. As jy ander mense met sjarme en takt benader, sal jou pogings op 'n aangename wyse beloon word.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Daar kan dalk vandag konflik voorkom tussen 'n werksaangeleentheid en 'n intieme verhouding.Probeer om aan albei situasies die tyd en aandag te skenk wat hulle verdien. Jy kan dit doen indien jy georganiseer is!

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

'n Kombinasie van koel selfvertroue en goeie kommunikasievaardighede sal sorg dat jy opwaarts beweeg tot by die volgende vlak. As jy boonop by jou Visse-intuïsie inskakel, sal dit jou help om 'n hardnekkige persoonlike probleem op te los.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Rustelose Ramme - julle is haastig en in die luim vir avontuur, maar kyk mooi na waarheen julle op pad is. Jaag julle nie miskien 'n kwessie met 'n vryer, vriend of sakekontak aan nie?

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy moet voortswoeg aan 'n frustrerende probleem met 'n familielid of vriend. Jy sal hom/haar oorhaal met jou uithouvermoë. Geduld is die geheim vir sukses.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jy's gretig om vandag te kommunikeer, Tweeling, terwyl jy op die hoogte kom met die jongste nuus in jou plaaslike gemeenskap. Jy moet egter die versoeking weerstaan om van 'n familielid, kollega of intieme vriend te skinder.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Kreatiewe projekte word vandag begunstig, en jy kan verwag dat gevoelens tussen jou en jou geliefdes gemaklik sal vloei. Daar is egter een belangrike voorwaarde - julle moet die kommunikasiekanale oophou.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Trotse en lewendige Leeus storm baie graag. Maar vandag se sterre moedig jou aan om die balans reg te kry tussen behoorlik dink oor dinge en om geleenthede aan te gryp wanneer hulle verbykom.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Die Maan beweeg tot in jou teken, so alles draai vandag om jou, Maagd. Slimheid, weetgierigheid en kreatiwiteit sal jou ver bring. Jy moet egter die versoeking om jou te bekommer, obsessies te hê en jou oor kleinighede te bekommer, vermy.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy begin verstaan die ware motiewe van een van jou gesinslede, dus verander jul verhouding geleidelik.. Gebruik ook sommer vandag tyd om jou huishoudelike ruimte skoon te maak, op te ruim en te verfraai.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Mik daarna om meer betrokke te raak by dinge wat in jou plaaslike gemeenskap aan die gang is. Of dit nou 'n mark, 'n kunsuitstalling 'n skoolkermis of omgewingsgroep is, moet jy jou verbintenisse in jou buurt ten beste benut.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM