JOU DAG
Weerstaan vandag die drang om onvanpaste aanmerkings te maak.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is baie volhardend en kry graag dinge gedoen. 2020 is die jaar waarin jy daarna moet streef om meer buigbaar te wees in jou onderhandelings met ander mense.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Intense gevoelens mag vandag jou oordeel beïnvloed, en jy kan op 'n uiters subjektiewe manier op die meeste dinge reageer, want dit sal moeilik wees om reguit te dink. Los dus die neem van belangrike besluite vir 'n meer geskikte tyd.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Jy's vandag gretig om te kommunikeer en te gesels. Jy kan dus 'n bedrywige dag te wagte wees, terwyl jy gesprekke voer met kollegas en op die hoogte kom met familie en vriende. Moet egter nie verwag dat almal sal hou van dit wat jy te sê het nie!
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Emosionele dramas is vandag waarskynlik, tensy jy jou kompulsiewe behoefte om in beheer te wees, kan beheer. Slim Skerpioene sal ander mense toelaat om hul eie besluite te neem ... en hul eie foute te maak.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Moenie toelaat dat ander mense instorm, oorneem en besluite namens jou neem nie. Die dinamiese Jupiter marsjeer deur jou teken, dus moet jy die moed hê om jou behoeftes te verwoord en jou standpunte te verdedig.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jy mag dalk teenkanting by ander mense veroorsaak in jou begeerte om vooruit te gaan. Vermy die versoeking om ander mense rond te beveel, aangesien dit sake net sal vererger. Ontspan en herkalibreer eerder.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Duur dit 'n ewigheid voordat jou drome bewaarheid word? En blameer jy omstandighede - of ander mense - vir die vertragings? Kyk lank en hard na jouself, Waterdraer. Is jy self nie dalk die hoofsaboteur nie?
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Probeer om nie vandag jou sensitiewe emosies op te krop nie. Maak seker jy gesels met ander mense oor hoe jy werklik voel. Jy kan herstel indien jy dinge op 'n kalm en samewerkende manier benader.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Vurige Ramme - weerstaan die versoeking om die vonke te laat spat. Jy het vandag baie hooi op jou vurke. As jy jou pas markeer, sal daar minder kans wees vir onsmaaklike onderonsies en onaangename rusies.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Die sterre krap jou welsynsone deurmekaar, dus sal jy nogal gespanne voel. Indien jy tyd inruim om saam met vriende te ontspan, sal dit help om jou oorspanne senuwees te kalmeer en jou siel te streel.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Weerstaan die drang om iets haastig uit te blaker wat jou later mag berou. Boonop is professionele verhoudings tans nogal verwarrend, aangesien kollegas jou tyd en aandag op verskillende maniere eis.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy sal moontlik vandag ietwat ontwrig voel, terwyl kleinighede en voorbarige mense jou irriteer en kwaad maak. Koel dus af en ontspan, Krappe, voordat julle julle regtig vervies en in woede uitbars!
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Die planete vuur vandag jul vurige en fyngevoelige sy aan, dus sal julle baklei indien iemand julle ontstel. Koel af, Katte, anders sal julle totaal uitgeput wees teen die einde van die dag!
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.


















