JOU DAG
Dis 'n goeie dag om te kuier, te meng en rond te gaan.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is op die diereriem se Dag van die Hervormer gebore, dus is jy gek daaroor om voortdurend met oplossings vir hardnekkige ou probleme vorendag te kom.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die Son beweeg deur jou teken. Jou huidige motto kom dus van Katie Perry, jou mede-Skerpioen. "As jy jouself met selfvertroue voorstel, kan jy feitlik enigiets regkry."
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES
.Die Leeu-Maan konsentreer op jou portuurgroep, veral buitelandse vriende. Jou motto kom dus van Jim Morrison, die Boogskuttersanger en -liedjieskrywer. " 'n Vriend is iemand wat jou volkome vryheid gee om jouself te wees."
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Vertoon jou beste professionele gesig, want ander mense begin 'n meer bemagtigde jy raaksien. Kuier en netwerkvorming word bevoordeel, maar jy moenie jou geliefdes intussen afskeep nie.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Wend jou intuïsie aan om in te zero op dit wat ander mense nodig het ten opsigte van 'n gesamentlike poging of groepsaktiwiteit. Daarna moet jy agter die skerms werk om dinge in die regte rigting te laat beweeg.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Is jy geestelik lui? Die Son en die retirerende Mercurius is in jou opvoedingsone, dus is dit tyd om dit wat jy lank gelede geleer het, te hersien en te herevalueer.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Die Leeu-Maan sorg vir 'n lewendige dag terwyl jy aan sport deelneem, oefen, kuier of op die hoogte kom met 'n spesiale vriend. Hoe meer ruimhartig jy teenoor jou geliefdes optree, hoe beter sal die dag wees.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Vandag se sterre beklemtoon kuier saam met familie en vriende. Mercurius beweeg egter tot Woensdag in trurat deur jou verhoudingsone. Jy moet dus ekstra versigtig wees wanneer jy met jou geliefdes kommunikeer.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Kom, Woensdag, want dan hou Mercurius - jou heerserplaneet - op om agteruit deur jou sone vir werk en daaglikse roetine te beweeg. Jy moet intussen probeer om super georganiseerd te wees, en sit 'n wag voor jou mond!
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die klem val stewig op geldsake, terwyl jy daarna strewe om beter maniere uit te dink om jou geld te bestuur. As jy dit nie self kan behartig nie, moet jy nie aarsel om die kundigheid van 'n byderwetse professionele persoon te gebruik nie.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Leeus is lewendige en teatrale skepsels. En jy is vandag gretig om op kleurvolle, kreatiewe en opwindende maniere met ander mense te verbind. Internasionale kontakte en boheemse vriende word veral bevoordeel.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Het jy voor 'n frustrerende kommunikasieprobleem te staan gekom? As jy voortgaan om te doen wat jy doen, sal jy aanhou met kry wat jy kry. Die retirerende Mercurius dui daarop dat dit tyd is om jou benadering te herlaai.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Die pragtige skakel tussen die Maan en Venus werk vandag goed vir Weegskale. Jy sal dit geniet om tyd saam met familie en vriende deur te bring terwyl julle aan goeie kos smul en vrolike geselskap geniet.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.





















