JOU DAG
Uitdagende aspekte van die Son/Saturnus dui op 'n ernstige dag, met min ruimte vir ligsinnige pret.
AS JY VANDAG VERJAAR
Ander mense waardeer jou sorgsame geaardheid. Maar jy moet die versoeking om impulsief met geld en krediet om te gaan weerstaan.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Professionele of persoonlike druk verhoog vandag, aangesien take ophoop en jy bekommerd is oor werk- of gesondheidskwessies. Probeer om weg te breek en tyd te maak vir 'n metode van ontspanning wat jou pas.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Bekkige Tweelinge mag dalk eensaam voel, aangesien hul familie en vriende in hul eie probleme verdiep is en kommunikasie op die een of ander manier geblokkeer is. Probeer om na jul eie, private fantasiewêreld toe te ontsnap.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Professionele projekte laat vandag huishoudelike harmonie ontspoor, dus sal dit moeilik wees om verantwoordelikhede teenoor die werk en die huis te laat balanseer. Mik dus daarna om buigbaar en vergewensgesind te wees eerder as omgekrap en wispelturig.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Daar mag moontlik friksie voorkom in 'n intieme verhouding, aangesien werkbehoeftes met verantwoordelikhede teenoor 'n verhouding bots. Hoe vaster jy is ten opsigte van jou verwagtings, hoe meer verward sal jy voel.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Moenie 'n sofapokkel wees nie! Hoe meer gedissiplineerd jy met jou liggaamlike fiksheid is, hoe beter sal die toekoms wees. Gesonde voedsel en gereelde oefening vorm 'n goeie beginpunt.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Leef jy in Weegskaal-feetjieland? Saturnus stuur vandag iets in jou rigting wat jou gaan dwing om die werklikheid in die oë te staar - veral wat kommunikasie of opvoeding betref. Haal dus jou kop uit die wolke en sorg dat jy georganiseerd raak.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Betrekkinge met 'n geliefde kan vandag ietwat gebrekkig wees. Jy koester sekere verwagtinge, maar hy/sy het ander idees! Hoe meer dogmaties jy is, hoe moeiliker sal die dag wees.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Dis 'n goeie dag om 'n uitdagende individuele projek te takel wat jy tot dusver uitgestel het. Ander mense sal besig en afgetrokke wees, dus moet jy gehaltetyd soek om met 'n baie spesiale persoon - jouself - te kommunikeer.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Saturnus, jou heerser, is kwaad vir die Son. Jy kan dus 'n gespanne dag te wagte wees wanneer ekstra verantwoordelikhede op jou bekwame skouers gelaai word. Doen jou bes om die lys op 'n sinvolle manier deur te werk.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
As dit by verhoudings kom, doen ander mense al die gee-werk terwyl jy net neem? Dis tyd om balans en regverdigheid terug te kry in jou omgang met jou geliefdes.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Saturnus ontwrig alle soorte kommunikasie, dus kan jy nogal 'n moeilike dag te wagte wees. Hoe meer georganiseerd en verantwoordelik jy is, hoe minder gespanne sal die dag wees. En wees ekstra versigtig wanneer jy 'n motorvoertuig bestuur.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Jy het vandag geldsake op die brein. Hoe deegliker en meer gedissiplineerd jy met jou geldsake is, hoe beter sal die resultaat wees. Maar jy moet geduldig wees en nie oornag wonderwerke verwag nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















