JOU DAG
Die sterre bevoordeel 'n prettige en gefokusde benadering tot voorbereidsels vir die fees.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is verantwoordelik en georganiseerd, en jy gedy daarop om dinge gedoen te kry. 2020 is die jaar om meer spaarsamig en prettig wees, terwyl jy minder geld uitgee en aansienlik meer lag.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jy moenie alte gespanne raak nie, Steenbok. 'n Koel en metodiese benadering is die beste manier om die gedurige Kersvoorbereidings en -vierings te takel. Bly net kalm en gaan voort indien jy twyfel.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Het jy - alweer - die meeste van jou Kersinkopies tot op die laaste oomblik uitgestel? As jy 'n lysie maak en jou pas markeer, sal jy die geskenke sonder alte veel feesdramas opspoor.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jy moet vandag probeer om 'n bietjie stil tyd alleen deur te bring, Vis, voordat die Kersfeesmalligheid werklik begin. Soek iets wat die verbeelding stimuleer indien jy nog steeds besig is om geskenke te koop.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Moet jy, tipies, nog 'n klomp Kersinkope doen? Dis tyd dat traak-my-nie-agtige Ramme opskud en, op die allerlaaste, fantastiese kleurvolle en kreatiewe geskenke gaan soek.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Soek geskenke wat prakties en nuttig is indien jy dit op die allerlaaste moet kry. Dis ook 'n goeie idee om so veel as moontlik van die kos voor Kersdag voor te berei.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Gesellige Tweelinge is gek oor die feestelike bedrywighede van die Kersfeesvierings. Maar - as jy te uitspattig is met die koop van geskenke vir geliefdes - sal jy die prys in die Nuwe Jaar betaal.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Almal wil in beheer wees by voorbereidsels vir Kersfees. Jy sal dus dalk - vir 'n verandering - ander mense moet toelaat om oor te neem. Indien jy vandag werk, moet jy jou energie gebruik om projekte te voltooi.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Lewendige Leeus is gek oor die feesseisoen want dit kombineer hul twee passies - inkopies doen en kuier. Dit is dus die perfekte tyd om aankope op die allerlaaste klaar te maak en soveel as moontlik partytjie te hou!
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
'n Proaktiewe en samewerkende benadering is die sleutel tot suksesvolle Kersvoorbereiding. Indien jy versigtig beplan en prioritiseer, sal jy alles sonder te veel onnodige stres gedoen kry.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Jy's in die luim vir pret in die feestyd. Die Son, Jupiter, Saturnus en Pluto besoek jou gesinsone. Jy moet dus passievol proaktief wees om jou geliefdes oor die komende paar dae bymekaar te kry.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Is jy oorspanne en super besig, maar rig jy in werklikheid baie min uit? Vandag se sterre moedig jou aan om te verlangsaam en jou pad op 'n strategiese en verstandige wyse deur jou Kerslysie te werk.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy gaan eenvoudig met hope Nuwejaarskuld bly sit indien jy hierdie Kersfees meer uitgee as wat jy met gemak kan bekostig. Middelmatigheid is die sleutel. Jy hoef nou ook nie oorboord te gaan om 'n plesierige tyd te hê nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.


















