Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 24 September 2019

JOU DAG

Die dag sal gevul wees met positiewe vennootskappe en fantastiese vriendskappe indien jy dink voordat jy jou mond oopmaak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is gebore op die Dag van die Swerwer. Probeer om meer te ontspan, sodat jy dit wat hier en nou gebeur, kan geniet.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Haai, Ramme - het dit gevoel asof jy effens in 'n groef vassit? Die huidige planetêre patrone moedig jou aan om jou buite jou gewone grense uit te strek en na die sterre te reik. Avontuur wag!

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Mercurius en Jupiter prikkel jou nuuskierigheid. Dit is dus 'n goeie dag om 'n projek nate vors, 'n raaisel op te los, of by die wortel van 'n verwarrende probleem uit te kom. Gesamentlike geldsake word ook bevoordeel.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Jy moet tans 'n delikate balanseertoertjie doen tussen werkvereistes, gesinsverantwoordelikhede en ander mense se behoeftes. Wees proaktief en sprei jou net wyd uit indien jy liefde soek.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Dit sal, onder die invloed van Mercurius en Jupiter, makliker as op ander tye wees om werk- of gesondheidskwessies uit te sorteer. Veral as jy gewillig is om jou navorsingswerk te doen en bygewerkte inligting te aanvaar.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Julle breine vuur vandag op al die silinders, Katte, aangesien die nuuskierige Mercurius met die filosofiese Jupiter verbind. Doen dus jul bes om julle op interessante en inspirerende maniere te vermaak.

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dis 'n wonderlike dag om groot idees en filosofiese konsepte met jou geliefdes te bespreek. Hoe meer vrygewig jy is - met jou tyd, energie en komplimente - hoe beter sal die dag wees.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Mercurius en Jupiter aktiveer jou buurtsone. Die tyd is dus reg om in verbinding te tree met 'n vriend wat naby bly, of om op die hoogte te kom met eendersdenkende kennisse in jou plaaslike gemeenskap.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Mercurius en Pluto gee aan jou Skerpioen-selfvertroue 'n hupstootjie, dus word werk, sake-aangeleenthede en geldsake bevoordeel. Jy moet egter nie jou sukses bederf deur ongewoon impulsief te wees nie. Gebruik die tyd om dinge te deurdink.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Jupiter, jou magsplaneet, verbind met Mercurius. Jy sal dus meer vol selfvertroue, slimmer en geselliger voel as gewoonlik. Maak net seker dat jy die positiewe aspekte van die planete tot jou voordeel gebruik!

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Geheimsinnigheid is vandag volop, maar maak seker jy kan onderskei tussen feit en fantasie. Kreatiewe kommunikasie sal jou ver bring, terwyl jy uit jou verbeelding put en met nuwe idees eksperimenteer.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Breinaktiwiteite is volop aangesien die nuuskierige Mercurius met Jupiter, die positiwiteitsplaneet, verbind. Dit is dus 'n fantastiese dag om aktiwiteite waarby opleiding, gesprekvoering, reis, netwerkvorming of kuier betrokke is, na te jaag.

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jy sal ietwat rusteloos voel by die werk, dus moet jy probeer om dinge wat buite jou gewone roetine val, te doen. Hoe meer avontuurlik van gees jy is, hoe beter sal die dag wees. Reis en opvoeding word ook bevoordeel.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM