Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 25 Junie 2019

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n vriendelike en liefdevolle mens. 2019 is die jaar om meer betrokke te raak by eendersdenkende mense in jou plaaslike gemeenskap.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Nukkerige Krewe, jy voel dalk emosioneel kwesbaar, maar moenie dinge vererger deur buierig te wees en magspeletjies te speel nie. As jy op die verdediging is, sal dit ander mense se teenkanting ontlok.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Sommige gesprekke sal vandag emosioneel en vurig wees aangesien die planete 'n sensitiewe saak aanroer. Vir sommige enkellopendes kan 'n platoniese verhouding geleidelik tot liefde ontvou.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Kommunikasie sal moeilik wees wat 'n vriendskap of finansiële vennootskap betref aangesien 'n mens of situasie jou frustreer. Probeer om nie berge van molshope te maak nie.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Pasop oor hoe jy vandag met ander kommunikeer. As jy vinnige gevolgtrekkings maak, kan jy 'n paar moeilike gevolge verwag aangesien die planete jou vermoë toets om ekstra diplomaties te wees.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy is in die bui om te studeer en te leer, maar moenie halfgebakte gevolgtrekkings maak nie en moenie dadelik optree nie. Bedink dinge eers mooi voor jy 'n groot skuif maak.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Moenie vandag impulsief raak nie. As jy haastige gevolgtrekkings maak, kan jy dalk later met eier in jou gesig sit. Probeer jou bes om meer deurdag en versigtig te werk te gaan.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Verwag 'n paar huishoudelike dramas aangesien haastige woorde of ondeurdagte optrede 'n geliefde eenkant toe druk. Is dit nie tyd om jou vriendekring op te knap met 'n stimulerende nuwe vriend nie?

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Met die son, Mercurius en Mars in jou welsynsone, val die fokus op die verbetering van jou gesondheid en fiksheid. Dit sal net werk as jy 'n eetplan en oefenroetine kies wat buigsaam, vinnig en prettig is.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Visse kan diskreet wees. Boonop voel jy geheimsinniger as gewoonlik, terwyl jy geheime ontrafel en vertroulikhede stil hou. Vriendskappe, sport en stokperdjies word beklemtoon.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die maan beweeg tot in die vinnige Ram; dus is jy gretig om 'n persoonlike blitsbesluit te neem, veral wat 'n emosionele kwessie betref. Moenie aangevuur raak en ander aanjaag nie.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Jy is haastig om dinge af te handel aangesien jou Bul-weerstand styg en jou geduld daal. Probeer meer objektief wees, veral wat familie en vriende betref.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Jou motto kom van die sangeres Carly Simon, wat vandag verjaar: "Ek het altyd 'n kreatiewe sy, selfs al is dit nie altyd musikaal nie. Soos skilder, om iets te versier of plante in die tuin te plant."

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM