JOU DAG
Jy moet vandag besonderhede deeglik en versigtig nagaan.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n baie betroubare mens. Die komende 12 maande is die tyd om emosioneel openlik te raak en jou ware gevoelens uit te druk.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Hope geduld - een van jou spesialiteite - is die belangrikste ding wat jy vandag nodig het om die dag aan te pak. Die huidige boodskap is dus: "Goeie dinge kom uiteindelik vir slim Bulle wat wag."
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Jy wil vinnig beweeg en diegene om jou is tog so verskriklik stadig! Saturnus en Mercurius vra jou om vandag ekstra noukeurig te wees wanneer jy projekte hersien en vir ander mense wag om by te kom.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Daar bestaan nie kitsoplossings wat 'n probleem met 'n lid van die gesin betref nie. Dis 'n geval van een tree vorentoe en twee treë terug - of sywaarts - maar jy sal uiteindelik vordering maak.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Hou jou verwagtings hoog en jou keuses oop, want daar is belowende aanduidings van nuwe geleenthede op die werkfront. Hoe meer jy kontak behou met jou kollegas, kliënte of klante, hoe beter sal die uiteindelike resultate wees.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
As jy vandag te veel oor dinge tob, gaan jy eenvoudig net van molshope berge maak. Daar is baie aan die gang waaroor jy geen beheer het nie, so hou op om 'n kommerkous te wees en gaan eenvoudig voort met jou dinge.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Jy's in die luim vir aanlyn kleinhandelterapie, maar die Mercurius/Saturnus-vierkant stel voor dat jy versigtig moet wees. Koop praktiese dinge wat jy nodig het, eerder as duur nietighede wat jy later sal berou.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Daar lê vir jou 'n frustrerende dag voor, aangesien die lastige Mercurius/Saturnus-aspekte veroorsaak dat ander mense jou planne op die een of ander manier fnuik. Koel af, Skerpioen, en poog om oor die lang termyn 'n geduldige benadering te volg.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Moenie vandag 'n regte beterweter wees nie, Boogskutter! Luister na die wyse woorde van die beroemde skrywer Harper Lee, wat ook vandag verjaar het: "Mense hou nie daarvan om iemand in die omgewing te hê wat meer as hulle weet nie!"
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Saturnus is reghoekig met Mercurius, dus voel dit asof jy nêrens kom nie. Jou verhouding met een van jou gesinslede mag dalk ook frustrerend wees. Jy sal dus vandag ekstra geduldig en versigtig moet wees.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Is jy gretig om voort te zoem met 'n projek, maar dit voel asof ander mense jou rem? Dis tyd om lank en hard na die situasie te kyk. Is jy self nie dalk die een wat uitstel nie?
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jy's uitgehonger vir nuus en die jongste inligting, so bel een van jou geliefdes en gesels lekker lank. Wees voorbereid om diep te delf, want hy/sy het ernstige kwessies om te bespreek.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Weerbarstige Ramme voel rusteloos, dus is dit nie 'n goeie tyd om in die huis opgesluit te wees tydens kwarantyn of afsondering nie. Probeer dus om intense oefeninge op die balkon of in die agterplaas te doen.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















