JOU DAG
Vandag se sterre bevoordeel noukeurige navorsing en skerp kommunikasie.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is ongelooflik knap - maar jy kan ook geheimsinnig en onbereikbaar wees! Die komende 12 maande is die tyd om 'n groot droom in 'n praktiese werklikheid te omskep.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Ervaar jy tans kontantvloeiprobleme? Jy moet onderskeidend te werk gaan en jou inkopielys besnoei sodat jy kan konsentreer op die koop van praktiese noodsaaklikhede, in plaas van duur nietighede.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Bevat jou wêreld glad te veel base en nie genoeg klase nie? Samewerking en skikking is dus tans die sleutels tot suksesvolle kommunikasie met jou geliefdes.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jy's gek daaroor om die lewe met roekelose oorgawe te bestorm. Vandag sal egter die beste werk indien jy strategie met spontaneïteit kan balanseer. Jy moet dus dinge behoorlik deurdink voordat jy jou mond oopmaak of iets doen!
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Entoesiasme sal jou vandag ver bring, aangesien jy 'n liggaamlike of geestelike uitdaging met hope ekstra Visse-passie aanvat. Wat die sosiale media betref, bring innovasie sukses.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Haastige Ramme kan dit moeilik vind om op take te konsentreer. Mercurius en Pluto bring vandag jul gedagtes tot bedaring en help julle om weer op die regte spoor te kom. Moet dus nie die geleentheid misloop op dinge gedoen te kry nie.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Het jul woorde opgedroog? Dis vandag tyd om naby aan een van jou geliefdes te kom, ten einde die verhouding deeglik te beskou en nuwe maniere te ontdek om weer die kommunikasie te laat vloei.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Jou motto kom van Clint Eastwood, wat ook vandag verjaar het. Jy moet jouself en jou pogings respekteer. Selfrespek lei tot selfdissipline. Die ware krag kom sodra jy albei behoorlik bemeester het."
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
'n Romantiese verhouding of oppervlakkige vriendskap mag dalk langsamerhand verdiep en na die volgende vlak beweeg. Konsentreer op die dinge wat julle in gemeen het, asook die kernwaardes wat julle deel.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Dis tyd om die eenvoudige plesiertjies van die lewe te geniet, Leeu. Of dit nou 'n soentjie van 'n kind is, 'n ontspannende bad of 'n wandeling in die park. Ignoreer vandag die onbelangrike dinge en fokus op dit wat werklik vir jou saak maak.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Mercurius, jou heerser, verbind vandag met die magtige Pluto. Gebruik dus jou slim brein om 'n probleem op te los, 'n raaisel te takel of 'n ingewikkelde misterie te ontrafel. Alle soorte opvoeding en studie word ook bevoordeel.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Jy moenie vandag dinge rakende 'n geldkwessie of huishoudelike drama op sigwaarde aanvaar nie. Gebruik die tyd om aansienlik dieper te kyk. Jy sal uitvind dat daar aansienlik meer aangaan as dit wat die oog kan sien.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy's gretig om hard te werk aan 'n verhouding wat jou brein stimuleer en jou emosies aanroer. Jy's ook in die luim om oor jou gevoelens te gesels, maar jy moet probeer om dit op 'n geduldige en opmerksame wyse te doen.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.





















