Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 31 Desember 2019

JOU DAG

Jy moet dit geniet om die Nuwejaar in te lui met hope pret en flair.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n kreatiewe Steenbok met klas. Skikking en samewerking sal jou ver bring in 2020.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Die Maan aktiveer jou kommunikasiesone. Jy is dus gereed om op Oujaarsaand 'n hond uit 'n bos te gesels terwyl jy dit geniet saam met vriende wat jy lank laas gesien het. Daar is só baie wat julle moet inhaal.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Venus besoek die gesellige Waterdraer. Jy sal dus hierdie Oujaarsaand in 'n gesellige luim wees. Jy is egter ook geneig om aanvegbare opmerkings te maak, dus moet jy jou woorde met wysheid kies.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Sommige Visse kan nogal sentimenteel raak op Oujaarsaand terwyl julle terugkyk op die hoogte- en laagtepunte van die afgelope jaar. Dis tyd om die verlede te laat los en aan te beweeg na groener weivelde.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Vyf planete jaag die toere van jou reputasiesone op, dus sal jy vanaand op die voorgrond wees. Dit is dus tyd vir rumoerige Ramme om partytjie te hou, te dans, gesellig te verkeer en hope pret te geniet tydens die vieringe saam met familie en vriende.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Venus, die partytjieplaneet, gee energie aan jou reputasiesone, dus sal jy supergesellig voel. Jy kan dalk jouself - en ander mense - verras met 'n klompie baie oorspronklike bewegings op die dansvloer!

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Die gesellige Venus is in jou avontuursone, dus is jy in die luim om vanaand partytjie te hou dat die biesies bewe. Helder ligte, harde musiek en hope danspassies ... Oujaarsaand is spesiaal vir gesellige Tweelinge gemaak!

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Oujaarsaand is gewoonlik 'n emosiebelaaide tyd vir sentimentele Krappe terwyl julle mymer oor die jaar wat verby is - met al jul suksesse en mislukkings en al. Markeer dus jul pas en moenie te veel drink nie.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG

.Leeus wat lief is vir partytjies gedy op opwinding en hulle haat dit wanneer die lewe alte voorspelbaar en alledaags raak. Die sterre jag die toere van die Nuwejaarspartytjie-mengelmoes op, dus sal dinge beslis nie vervelig raak nie!

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Hierdie Oujaarsaand behoort 'n lighartige en genotvolle aand te wees, maar jy moenie 'n geliefde of intieme vriend kritiseer nie, Maak 'n prioriteit daarvan om 2020 in 'n positiewe en prettige gemoedstemming te begin.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Heelwat Weegskale sal verkies om 'n knusse en beskeie Oujaarsaand te geniet, want vyf planete aktiveer jul huishoudelike sone. Tuis, in jou eie huis, is dus die beste plek om 2020 te verwelkom.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die dinamiese Mars beweeg deur jul teken, dus is julle in die luim om partytjie te hou. Skud dus jou dansskoene uit, glip in jou geliefkoosde partytjieklere en draai die musiek ekstra hard!

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy's in die bui om die Nuwejaar in te lui met 'n wye verskeidenheid van familie, vriende en kollegas. 'n Positiewe houding beteken dat jy vanaand 'n gewilde gasheer by enige ete of partytjie sal wees.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM