JOU DAG
'n Kombinasie van verstand en hart sal jou vandag ver bring.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is intellektueel en intuïtief. In die komende jaar moet jy gereeld 'n ontspanningsoefening doen wat jy werklik geniet.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Die maan en Mercurius is verbind; dus moet jy versigtig wees oor die manier waarop jy met ander mense kommunikeer, veral met jou geliefdes. Moenie haastig wees nie en gaan die kommunikasie oor afsprake en vergaderings twee keer na.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Die maan, jou heerserplaneet, is haaks met Jupiter; dus sal jy hard aan duidelike kommunikasie met jou geliefdes moet werk. Alles kan tot trane lei as jy haastige gevolgtrekkings maak.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Jou gedagtes wemel van idees, maar vandag sal die planete waarskynlik jou gewone roetine deurmekaarkrap. Dit sal geduld en uithouvermoë verg om jou kreatiewe mymerings in praktiese projekte om te skakel.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
'n Verhouding met 'n kollega of gesinslid sal vandag 'n mynveld wees aangesien die planete kommunikasie aanjaag. Dit kan tot probleme lei. Die enigste oplossing is hope takt en geduld.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
As jy vandag teks- of e-posboodskappe stuur of ander boodskappe plaas, moet jy versigtig wees, want kommunikasie gaan gejaagd wees. Gaan dokumente en boodskappe twee keer na voor jy die stuurknoppie druk.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy sal 'n bevredigende dag geniet as jy jou netwerk van vriende, familie en kollegas koester. 'n Geldkwessie verg jou dringende aandag; takel dit dus so gou moontlik.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy is super gretig vir resultate. As jy probeer om ander mense aan te jaag, sal jy net weerstand en hope probleme op die lyf loop. Mik daarna om meer geduldig, raadgewend en inklusief te wees.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jy is gretig om met ander mense saam te werk, maar jy moenie toelaat dat hulle instorm en jou na die kantlyn uitskuif nie. Wat 'n werkprojek betref sal 'n traak-my-nie-agtige benadering nie op die lange duur tyd spaar nie.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Terwyl jy probeer om 'n belangrike besluit te neem, kan daar moontlik 'n toutrekkery ontstaan tussen jou kop en hart. 'n Tweeledige benadering is die beste weg om te volg. Weeg eers die feite en span dan jou intuïsie in.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Die planete aktiveer jou tuistesone. Dit is die ideale tyd vir diplomatiese Visse om duidelik met gesinslede te gesels en hulle te raadpleeg. Hou die kommunikasiekanale oop.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Haastige aanmerkings kan jou vandag in die pekel laat beland aangesien jy instorm en 'n sensitiewe situasie kan vererger. Dis beter om vas te trap en jou mond en mening vir jouself te hou.
BUL, 21 APR.-21 MEI
'n Persoonlike of sake-aangeleentheid lyk vandag vurig aangesien die maan en Jupiter vurigheid omkrap en geduld verkort. Dit is jou taak om 'n kalm, standvastige en onversteurbare Bul te wees.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















