Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 5 Mei 2020

JOU DAG

Kreatiwiteit en kommunikasie word vandag beklemtoon.

AS JY VANDAG VERJAAR

Moenie so baie tyd aan jou loopbaankwessies of openbare lewe wy dat jy jou familie en vriende afskeep nie. Wees buigbaar en streef daarna om die balans reg te kry.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die Son en Mercurius span saam in jou teken, dus is dit tyd om oor jou gevoelens te gesels en kreatief te dink. Beskou die groter prentjie oor die lang termyn terwyl jy ou inligting hersien en 'n huidige projek herkalibreer.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Dis tyd om gereelde ontspanning in jou besige rooster in te skuif, sodat jy ruimte kan hê om te rus, herstel en hernieu. Doen ook jou bes om ander mense te help om die afsondering te takel.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Jou portuurgroep sal uitbrei soos jy betrokke raak by 'n aanlyn klas, groep of plaaslike organisasie wat eendersdenkende mense betrek. Maar jy sal geduld aan die dag moet lê, want dit sal tyd neem om te ontwikkel.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die Son en Mercurius verbind in jou loopbaansone. Jy is dus geregtig daarop om jou idees uit te druk deur te gesels, skryf of teksboodskappe te stuur. Maar - as jy huiwer of uitstel -mag jy dalk 'n geleentheid misloop.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Verveel jou huidige daaglikse roetine jou tot satwordens toe? Die Son en Mercurius verbind in jou reis- en avontuursone, dus wink verre bestemmings. Begin dus beplan aan 'n reis later in 2021.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Moenie vandag kwessies vermy nie, Weegskaal. Laat skyn 'n helder lig op kommunikasieprobleme en klaar hulle dan op. Hoe liefdevoller en vrygewiger jy teenoor jou geliefdes optree, hoe beter sal die dag wees.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Verbeter intieme verhoudings met duidelike kommunikasie en diensbaarheid aan ander mense. Ons raai jou aan om minder praat en meer luister, want dan sal vennootskappe in 'n positiewe nuwe rigting beweeg.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Die Son en Mercurius verbind in jou werk- en welsynsone. Dit is dus 'n vrugbare dag vir oefen of om iets nuuts oor gesondheid en fiksheid uit te vind. Jy moet egter nie die belangrike besonderhede miskyk nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Dis 'n goeie dag om, onder die invloed van die Son en Mercurius, met vriende te gesels of om jou verkose stokperdjie tuis te geniet. Jy kan egter oponthoude en ontwrigtings langs die pad te wagte wees!

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Die Son en Mercurius verbind in jou tuistesone. Dit is dus tyd om met jou gesinslede te begin gesels. Jul verhoudings sal ontwikkel en groei indien julle probleme met geduld benader.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jou profiel op die sosiale media mag dalk werklik rigting kry, aangesien die Son en Mercurius jou kommunikasiesone aktiveer. Maak net seker dat jy alle feite en opmerkings twee keer nagaan voordat jy dit plaas.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Julle is vandag in 'n vreemde stemming, Ramme, veral wat 'n persoonlike of geldkwessie betref. Probeer om te ontspan en dinge uit alle oogpunte te beskou, en weerstaan die versoeking om baasspelerig te wees.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM