JOU DAG
Die Maan en Mercurius is haaks, so pasop wat jy sê.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy's kreatief en oorspronklik, en jy wil vooruitgang maak in die lewe. Daar sal terugslae wees in die komende jaar, maar indien jy 'n langtermyn-oogmerk het, sal jy goed regkom.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Die Son, Venus en Mars besoek almal jul teken, dus is dit jul tyd om te skitter en te skyn, Leeus! Konneksie met vriende in die buurt en die koestering van gesinslede word ook vandag beklemtoon.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die genieting van goeie tye - en heerlike maaltye - saam met familie en vriende word vandag bevoordeel. Jy moet egter nie ontsteld wees as 'n dwarstrekkerige vriend vandag iets openbaar wat liewer ongesê moes gebly het nie.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Vandag se sterre gee jou selfvertrouevlakke 'n hupstootjie, dus is jy gretig om almal se probleme te help oplos. Jy moet egter nie dinge buite verhouding opblaas nie . . . en dan op die ou end meer belowe as wat jy in werklikheid kan lewer nie.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Moet jy jou kontantvloei verhoog? Fokus daarop om jou geldsake op praktiese en doeltreffende maniere 'n hupstootjie te gee. Kan jy nie dalk 'n aanlynwinkel van stapel stuur, ander mense leer of met 'n mini-besigheid van die huis af begin nie?
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Kommunikasie en reis is die vonkwoorde terwyl jou rustelose sy inskop. Die planete versterk jou multitaakvaardighede, maar jy moenie té veel aanpak en jou energie in alle rigtings rondstrooi nie.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Moet jou nie inperk nie, Steenbok! Hoe wyer jou kring van familie, vriende, bure, werkskollegas en kennisse is, hoe meer invloed sal jy uitoefen op die groot, wye wêreld anderkant jou deur.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jy moet vandag ekstra geduldig en diplomaties wees teenoor iemand . . . veral by die werk. Dinge kan dalk 'n heeltemal onvoorspelbare rigting inslaan indien jy sê presies wat jy dink.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Hou op met uitstel, Visse, en spring aan die werk! Dis 'n goeie dag om inspirerende kreatiewe gedagtes om te skakel in praktiese, vrugbare langtermynprojekte. Weerstaan egter die drang om kwistig te wees met geld.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Gebruik jou Ram-energie om projekte aan te vuur - en volg dit dan op met hope passie en doelgerigtheid. Maar weerstaan die drang om iets heeltemal onvanpas uit te blaker, veral tuis.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy mag dalk vandag kortgebaker voel, Bul, want die planete jaag die toere van jou sensitiewe senuweestelsel op. Probeer dus jou bes om jou minder te bekommer; skakel af en ontspan meer. Jou ‘moet-doen-lysie' sal môre nog daar wees.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Vandag sal ietwat van 'n tuimeltreinrit wees, aangesien jy 'n opwindende projek aan die gang kry. Markeer egter jou pas en pasop dat jy nie die verkeerde ding op die verkeerde tyd aan die verkeerde persoon uitblaker nie!
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Nuuskierigheid, rusteloosheid en senuagtige energie is volop. Moenie net oor die oppervlak heen beweeg nie . . . daar gaan meer aan as wat jy besef. Gebruik die tyd om kwessies behoorlik te ondersoek, anders sal jy belangrike besonderhede miskyk.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















