Sterre

Jou sterre vir Dinsdag, 9 Junie 2020

JOU DAG

Die maan is in die Waterdraer, die teken wat vol grille is.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy's 'n slim mens met 'n sterk wil. In die komende 12 maande behoort jy 'n nuwe studierigting aan te pak.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Venus beweeg in trurat deur jou teken en dit kan probleme skep. Moenie toelaat dat dit jou hinder nie. Laat die akteur Michael J. Fox, wat ook vandag verjaar, jou inspireer: "Ons uitdagings definieer ons nie; ons optrede doen dit wel."

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

'n Gesamentlike poging lyk gunstig aangesien jy kreatiewe idees met 'n proaktiewe benadering kombineer. Onthou Venus is besig om agteruit te beweeg; dus moet jy jou tyd gebruik om alle besonderhede twee keer noukeurig na te gaan.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Voel jy wat jou verwagtings vir die toekoms betref, dalk rusteloos en ietwat verward? Venus beweeg agteruit; dus moet jy jou drome hersien en jou verwagtings nog 'n slag nagaan.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy is gretig om jou idees uit te druk sodat ander kan hoor wat jy te sê het. Maar, as jy oorhaastig is, dra jy dalk die verkeerde boodskap oor. Wees versigtig, veral rakende die sosiale media.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Vriendskappe lyk gunstig aangesien die planete jou help om te fokus op wat ander mense dink en voel. Moenie aarsel om vrae te stel as jy nie seker is van iemand se ware bedoelings nie.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Kreatiwiteit en deernis sal jou ver bring. Soos Anna Wintour, die redakteur van Vogue, wat ook vandag verjaar, al opmerk het: "Jy met 'n leier wees met 'n visie en die moed wat dinge vorentoe kan laat beweeg."

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Venus beweeg tot 25 Junie agteruit deur jou verhoudingsone. Dis 'n geskikte tyd om 'n huidige vennootskap te herwaardeer en te herlaai. Kommunikasie en samewerking is die sleutels.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Druk jy jouself - en ander mense - te hard? Dink aan die woorde van die akteur Michael J. Fox, wat ook vandag verjaar: "Hoe meer ek verwag, hoe ongelukkiger sal ek wees. Hoe meer ek aanvaar, hoe rustiger is ek."

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wees op die uitkyk vir 'n gelukkige geleentheid, maar dit sal nie voor die hand liggend wees nie. Dit wag op 'n onwaarskynlike plek vir jou, of dit sal te danke wees aan iemand wat stilweg agter die skerms werk.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Kalm nabetragting en stille meditasie word vandag bevoordeel. As jy fyn na die stemmetjie in jou binneste luister, sal jy weet watter pad om te volg en watter besluit om te neem.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Moenie belangrike kwessies vermy nie. Wees dapper en los alle kommunikasieprobleme so gou moontlik op. Hoe meer liefdevol en vrygewig jy teenoor jou geliefdes optree, hoe beter sal jou dag wees.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Die sterre werp 'n ernstige kollig op jou loopbaan- of werkvooruitsigte. Moenie jouself afskeep nie. Dis tyd om aan ander te toon dat jy uitdagings, stres en ekstra verantwoordelikhede kan baasraak.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM