Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 12 September 2019

JOU DAG

Mars en Jupiter is haaks, so verwag vandag 'n paar dramas.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy het uitstekende idees, maar soms kan jy effens kortkom wat die uitvoer-afdeling betref. Die volgende 12 maande is die tyd om meer gedissiplineerd te raak terwyl jy jou planne bewerkstellig.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Daar kan dalk ietwat baie wrywing ontstaan by Villa Maagd, aangesien Mars en Jupiter probleme in jou huishoudelike sone aanroer. 'n Dubbele dosis diplomasie sal jou heel goed deur die dag help.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Kommunikasie met familie en vriende lyk vandag onseker. Moenie op ander mense se weergawes van gebeure staatmaak nie. Gebruik jou tyd om dinge eers deeglik deur te kyk voordat jy 'n belangrike besluit neem.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Jy is gretig om vandag iets nuuts te leer, maar moenie haastige en halfgebakte gevolgtrekkings maak nie. Deurdink liewers eers alles voordat jy groot skuiwe maak.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy is vandag in die bui vir vergrype, terwyl jy amper net mooi alles oordoen. Dit sluit in praat, eet, sosialiseer en spandeer. As jy motor bestuur, moet jy oppas dat jou aandag nie afgelei word nie.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Opvoeding en internasionale kontakte word begunstig. Maar voel jy ongewoon rusteloos, Steenbok? Die planete moedig jou aan om 'n wegbreek te beplan vir die nabye toekoms.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Jupiter en Mars krap jou rustelose sy om. Jy sal lus voel om ontslae te raak van mense, plekke, optrede of gelowe wat uitgedien geraak het,. Pasop net dat jy nie die baba saam met die badwater uitgooi nie!

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Is jy realisties? Om pragtige, groot drome te droom is wonderlik, maar daar kom 'n tyd wanneer jy hulle in die praktyk moet omskakel. Jy neig ook tot uitspattigheid, terwyl jy te veel geld uitgee of te veel uitbrei.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Ramme kan regtig kort van draad wees, en die Mars/Jupiter-vierkant maak jou selfs nog meer impulsief en ongeduldig as gewoonlik. Moet dus nie op onstuimige en ietwat hardkoppige maniere optree nie.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Haai, Bul - het jy jou dag presies uiteengesit? Wel, wees reg vir 'n paar aksiebelaaide verrassings! Dinge gaan beslis nie glad verloop nie, so klou vas en verwag 'n prettige rit.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Haastige woorde sal jou vandag in die moeilikheid laat beland, Tweeling. Dink dus twee keer voor jy aanvegbare dinge kwytraak wat jou later berou. Jy mag dalk vind dat jy meer afgebyt het as wat jy met gemak kan kou.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Mars en Jupiter is daarop uit om jou dag se ritme te breek. Verhoudings met 'n kollega of 'n viervoetige vriend sal waarskynlik ook in die war wees. Klou dus styf vas en verwag die onverwagte!

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Die huis en werk lyk vandag onvoorspelbaar, Leeu. Een van jou geliefdes kan jou verras deur 'n verrassende voorstel te maak. Of 'n kollega, kliënt of klant kan jou heeltemal onkant vang.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM