JOU DAG
Mercurius, die kommunikasieplaneet, beweeg tot 12 Julie in trurat.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n lewendige en rustelose mens. 2020 is die jaar om 'n bietjie gereelde ontspanning by jou besige roetine in te werk.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Mercurius beweeg tot 12 Julie in trurat. Maak dus seker dat jy inligting deeglik verwerk - veral wat persoonlike geldsake betref. Anders kan dinge baie gou baie verwarrend raak.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy kan 'n effense kommunikasie-chaos oor die volgende drie weke verwag, aangesien Mercurius agteruit deur jou teken beweeg. Die beste manier om haakplekke en lastighede te hanteer? Met volop Kreef-sjarme en -styl.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Tydgebonde Katte - jy is gretig om so gou as moontlik in 'n persoonlike projek in te duik, maar maak seker dat jy eers jou huiswerk doen. Anders sal daar oor die volgende drie weke 'n groot deurmekaarspul en algehele chaos wees.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Met jou heerserplaneet, Mercurius, in trurat, sal 'n gekoesterde droom tydelik vertraag word. Probeer jou bes om ekstra geduldig te wees! Goeie dinge kom uiteindelik in die rigting van Maagde wat wag!
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Oor die volgende drie weke veroorsaak die retirerende Mercurius chaos en probleme in jou professionele sone. Probeer dus jou bes om duidelik en bondig te wees met studente, kollegas en kliënte.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Mercurius beweeg tot 12 Julie agteruit deur jou reissone. Jy kan dus 'n paar misverstande en 'n bietjie chaos te wagte wees wat betref voertuie, busse, treine, vliegtuie, pendel of toekomstige vakansieplanne.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy is gretig om oor kreatiewe konsepte te gesels, terwyl jy idees deel met vriende en kennisse. Maar, met Mercurius wat retireer, moet jy dit vermy om iets totaal onvanpas uit te blaker.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Kommunikasieprobleme is baie moontlik oor die volgende drie weke, terwyl Mercurius agteruit beweeg deur jou verhoudingsone. Venus beweeg ook agteruit, dus kan onopgeloste kwessies weer van vooraf opgediep word.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Mercurius beweeg tot 12 Julie in trurat. Dit is dus nie 'n goeie tyd om te ontleed, te studeer of om moeilike probleme te probeer oplos nie. Jy kan ook onderbrekings of vertraging te wagte wees wat motors, rekenaars, reis of selfone betref.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Selfs al beweeg Mercurius in trurat, moet jy daarna strewe om kommunikasie aan die vloei te hou met familie, vriende en kollegas. 'n Buigbare houding sal jou oor die volgende drie weke help om onderbrekings baas te raak.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Met Mercurius wat agteruit deur jou tuistesone beweeg, kan jy 'n paar huishoudelike dramas oor die volgende drie weke verwag. Jy sal sien dat, hoe meer kortaf en ongeduldig jy is, hoe groter sal die probleme wees.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Jy moet baie versigtig wees oor dit wat jy oor die volgende drie weke op die sosiale media plaas, aangesien ander mense baie maklik jou ware bedoelings verkeerd sal vertolk. Gaan dus alles na, en gaan dit weer 'n keer na voordat jy dit stuur.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















