Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 19 September 2019

JOU DAG

Die Mars/Pluto-trigoon moedig entoesiasme en volharding aan.

AS JY VANDAG VERJAAR

Met jou geboorte op die sterretekens se Dag van Goeie Voorkoms, beskik jy oor 'n natuurlike grasie. Die volgende 12 maande is die tyd om minder materialisties en meer kreatief te wees.

RAM, 21 Mrt.-20 Apr.

Om jou energie na professionele projekte te kanaliseer, sal jou vandag heelwat ekstra oemf gee. Neem die inisiatief in sakeondernemings, maar maak seker dat jy ook delegeer en konsulteer.

BUL, 21 Apr.-21 Mei

Moenie wag totdat los gelukkies na jou kant toe kom nie. Slim Bulle sal in die toekoms sukses behaal deur hulle oë en ore oop te hou vir geleenthede. Jy sal dan, wanneer hulle opduik, gereed wees.

TWEELING, 22 Mei-21 Jun.

Moenie jou kop in die sand druk oor finansiële kwessies nie. Vermyding sal net dinge op die lange duur vererger. Enkellopende Tweeling - soek na 'n langtermynmaat wat passievol en proaktief is.

KREEF, 22 Jun.-23 Jul.

Versorg verhoudings met familie en vriende wat jou hoop en drome vir die toekoms aanmoedig. Enkellopende Krewe - soek romanse by iemand wat wys en volwasse is vir sy/haar ouderdom.

LEEU, 24 Jul.-23 Aug.

Vandag se Mars/Pluto-trigoon pas jou Leeu-styl, aangesien dit denke en optrede op wonderlike proaktiewe en produktiewe maniere aanmoedig. As jy ontvanklik is vir opwindende nuwe projekte, is die wêreld joune!

MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.

Dit is tyd om groot drome te droom en dan te kyk hoe hulle in jou planne vir die toekoms pas. Mars moedig jou aan om jou liggaam aan die gang te kry deur oefening, sport of buitemuurse aktiwiteite saam met kinders of vriende.

WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.

Om terug te sit en andere toe te laat om besluite te neem, sal jou net lam en swak laat voel. Daar gebeur baie agter die skerms, so gebruik jou tyd om al die nodige navorsing te doen.

SKERPIOEN, 24 Okt.-22 Nov.

Vandag het jy 'n keuse, Skerpioen! Jy kan super sterk en passievol wees - of kompulsief en in beheer. Mik dus daarna om jou energie op heelwat positiewe en praktiese maniere te gebruik.

BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.

Die proaktiewe Mars en strategiese Pluto moedig jou aan om jou neseier te versorg. Probeer dus jou bes om slim en betroubare maniere te kry om jou geld selfs harder vir jou te laat werk in die toekoms.

STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.

Jy is gretig om vandag in beheer te wees, Steenbok. So as jy alte veel baasspeel teenoor ander mense, sal hul reaksie jou verras. En trap super versigtig met 'n gestresde familielid of buurman.

WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.

Vier jou uniekheid, Waterdraer! Jou huidige motto kom van die akteur, Jeremy Irons, wat ook vandag verjaar. "Ek het altyd maniere gevind om myself te onderskei ... en dit is nog steeds so."

VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.

Jou mantra vir die dag kom ook van die beroemde akteur - wat ook vandag verjaar - Jeremy Irons. "Ons het almal ons tydmasjiene. Party van hulle neem ons terug, en hulle word herinneringe genoem. Party neem ons vorentoe, en hulle word drome genoem."

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM