JOU DAG
Die maan-, Pluto- en Saturnus-aspekte kan party mense intens en uit voeling met ander laat voel.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n baie idealistiese mens. 2020 is die jaar om jou aan te pas en take een tree op 'n slag aan te pak, anders sal jy oorweldig voel.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Hoe praktieser jy is, hoe beter sal die dag raak. Konsentreer op die taak waarmee jy besig is en moenie toelaat dat konstante bekommernisse - of ander mense se donker buie - jou terneerdruk nie. Fokus op jou doelwitte vir die toekoms.
BUL, 21 APR.-21 MEI
'n Verhouding met 'n geliefde of kollega sal nie vandag glad verloop nie. Kwessies uit die verlede kan weer opduik, terwyl jy hardkoppig by jou standpunte en jou weergawe van die verlede hou.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Baie mense sal terneergedruk voel, so dankie tog vir samehorige Tweelinge! Moet egter nie die joligheid en grappies oordoen nie. Party familielede en intieme vriende moet met ekstra sorg behandel word.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Moenie verwag dat jou geliefdes jou vandag met loftuitinge sal oorval nie. Die maan- en Saturnus-aspekte maak mense emosioneel meer teruggetrokke - en krities. Probeer dus om dinge nie alte ernstig en persoonlik op te neem nie.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Die Leeu is 'n vaste teken, en jy kan baie hardkoppig en geset wees in jou gewoontes en oortuigings. Mik vandag daarna om meer aanpasbaar en buigsamer te wees, terwyl jy jou aandag op jou fisieke, emosionele en geestelike welsyn fokus.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Dit sal vandag ietwat moeilik wees om positief te bly aangesien jy pessimisties raak oor die huidige coronaviruskrisis. Moenie oor die situasie tob nie, Maagd, aangesien dinge gedurig besig is om te verander.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Dit is nie 'n goeie dag om 'n idee vas te lê of betrokke te raak by delikate onderhandelings nie. Saturnus gooi 'n nat handdoek oor kommunikasie. Dit sal dus moeilik wees om jou standpunte op 'n positiewe en inspirerende manier oor te dra.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
'n Gesinsituasie of 'n professionele verhouding kan 'n dooiepunt bereik aangesien onopgeloste kwessies dinge bemoeilik. Frustrasievlakke styg omdat kommunikasie toenemend stresvol en gespanne raak.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy floreer op sosialisering met 'n groot verskeidenheid mense. Dit is dus vir jou moeilik om daarby aan te pas om huisgebonde te wees. Hoe meer jy aanlyn met ander mense kommunikeer, hoe beter sal jy voel.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Jy kan vandag dalk terneergedruk voel aangesien die werklikheid posvat en jy baie stres oor die toekoms ervaar. Praat met 'n geliefde oor jou vrese: 'n gedeelde probleem is 'n halfpad opgeloste probleem.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Moenie vandag verwag dat ander mense behulpsaam of ondersteunend moet wees nie aangesien die maan Saturnus opponeer in jou teken. Jy sal dus maar jou eie beuel moet blaas, terwyl jy take in solo-Waterdraer-styl aanpak.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jy kan dalk siek wees of in kwarantyn moet gaan en tyd saam met iemand baie spesiaal - jouself - moet deurbring. As jy mediteer en besin, kan afsondering sielskos wees.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















