JOU DAG
Venus, die plesierplaneet, is nou in die verstandige en leergierige Maagd.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n verbeeldingryke en geduldige mens. Hoe meer buigbaar jy is, hoe meer genotvol gaan die komende jaar verloop.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Is jy bekommerd oor geldsake? Iewers in die volgende drie weke sal Venus jou help om jou finansiële situasie te verbeter. Maar die geluk gaan jou ontwyk as jy verkies om eerder geld uit te as om te spaar!
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Venus, die vrede- en plesierplaneet, besoek jou teken tot 14 September. Dit sal jou sjarme 'n hupstoot gee en jou selfvertroue superlaai. Geniet dinge dus maksimaal terwyl jy sosialiseer en harmonieer.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Voel jy uitgeput? Het jy snags tot laat gewerk? Dit is tyd vir 'n grootskaalse herlading. Venus moedig jou aan om te mediteer, nabetragting te doen of te verfris op 'n manier wat jou die beste pas.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy is in die bui om die wêreld aan die brand te netwerk terwyl jy dit geniet om met mense op alle lewensterreine kontak maak - persoonlik, sowel as aanlyn. Wie weet waartoe hierdie uiteenlopende verhoudings kan lei?
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Dit is tyd om jou werk- of studieruimte te verfraai met die toevoeging van blomme, inspirerende musiek en/of 'n vinnige laag verf. As jou omgewing inspirerend is, sal jou uitsette verhoog.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Venus besoek jou reissone. Dit is dus 'n uitstekende tyd om jou volgende vakansie te beplan. Hopelik sal dit op 'n plek wees waar jy aktief kan wees en 'n avontuurlike buitemuurse omgewing kan geniet.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Rustelose Waterdraers kan soms regtig simpel wees. Maar Venus besoek die aardse teken, die Maagd tot 14 September. Jy sal meer prakties en gevestig voel as gewoonlik, so wend dit produktief aan.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Intieme verhoudings is bestem om te verbeter, aangesien Venus, die vredesplaneet, jou vennootskapsone tot 14 September besoek. Strewe dus daarna om super diplomaties te wees terwyl jy probleme met familie en vriende probeer uitstryk.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Jy moet, onder die plesierplaneet, Venus, se invloed elke dag meer tyd wy aan dit waarvan jy baie hou. Of dit nou is om heerlike kos te kook, pragtige handwerk te doen of om saam met jou vierpootvriend te gaan stap.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Vriendskappe is bestem om te floreer, aangesien Venus, die metgeselplaneet, goedvoelseine versterk en jou help om te fokus op belangstellings wat jy met ander mense deel. Verwyl dus vandag gehaltetyd saam met 'n spesiale vriend.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Ervaar jy frustrerende probleme met 'n brose gesinslid? Venus, die onderhandelingsplaneet, moedig jou aan om die olyftakkie van vrede uit te hou, terwyl jy simpatiseer en toegewings maak.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Venus moedig jou aan om ander mense in jou plaaslike gemeenskap te help. 'n Verhouding met 'n familielid of buurman behoort ook met rasse skrede te verbeter, solank jy bereid is om te luister.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















